Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

B1

Die Bybel se boodskap

Jehovah God het die reg om te regeer. Sy manier van regeer is die beste. Sy voorneme met die aarde en die mensdom sal vervul word.

Ná 4026 VHJ

“Die slang” bevraagteken Jehovah se reg om te regeer en die manier waarop hy regeer. Jehovah belowe om ’n “nageslag”, of ’n “saad”, voort te bring wat die slang, Satan, uiteindelik sal vernietig (Genesis 3:1-5, 15, voetnoot). Maar Jehovah gee mense tyd om oor hulleself te regeer onder die invloed van die slang.

1943 VHJ

Jehovah sê vir Abraham dat die beloofde “nageslag” een van sy nakomelinge sal wees. – Genesis 22:18.

Ná 1070 VHJ

Jehovah verseker koning Dawid en later sy seun Salomo dat die beloofde “nageslag” deur hulle geslagslyn sal kom. – 2 Samuel 7:12, 16; 1 Konings 9:3-5; Jesaja 9:6, 7.

29 HJ

Jehovah identifiseer Jesus as die beloofde “nageslag” wat die Erfgenaam van Dawid se troon is. – Galasiërs 3:16; Lukas 1:31-33; 3:21, 22.

33 HJ

Die slang, Satan, skakel die beloofde “nageslag” ’n kort rukkie uit deur Jesus te laat doodmaak. Jehovah wek Jesus op tot lewe in die hemel en aanvaar die waarde van Jesus se volmaakte lewe. So word die grondslag gelê om sondes te vergewe en Adam se nakomelinge die ewige lewe te gee. – Genesis 3:15; Handelinge 2:32-36; 1 Korintiërs 15:21, 22.

Omtrent 1914 HJ

Jesus gooi die slang, Satan, uit die hemel neer na die aarde, en Satan word ’n kort tydjie tot die aarde beperk. – Openbaring 12:7-9, 12.

Toekoms

Jesus hou Satan 1 000 jaar lank gevange en vernietig hom dan. So word sy kop simbolies vergruis. Jehovah se oorspronklike voorneme met die aarde en die mensdom word vervul, sy naam word van oneer gereinig en sy manier van regeer word geregverdig. – Openbaring 20:1-3, 10; 21:3, 4.