Spring na inhoud


’N BYBELSTUDIE MET ’N ONDERRIGTER

Geniet die lewe vir ewig!

In hierdie gratis Bybelstudieprogram sal jy antwoorde kry op vrae soos:

  • Hoe kan ek geluk in die lewe vind?

  • Sal slegte dinge en swaarkry ooit tot ’n einde kom?

  • Sal ek ooit weer my geliefdes wat gesterf het, sien?

  • Gee God regtig vir my om?

  • Hoe kan ek bid sodat my gebede deur God gehoor word?

Gratis

Die Bybelstudie is gratis en sluit die studiehulp Geniet die lewe vir ewig! en ’n Bybel in as jy een nodig het.

Enige tyd, enige plek

Studeer die Bybel saam met ’n onderrigter in persoon of aanlyn – enige tyd, enige plek.

Geen verpligting

Jy kan enige tyd kanselleer. Daar is geen verpligting nie.

Wat gebeur by ’n Bybelstudie?

’n Persoonlike onderrigter sal jou help om die Bybel onderwerp vir onderwerp te leer ken. Ons gebruik Geniet die lewe vir ewig! wat Bybellesse bevat wat jou bietjie vir bietjie kan help om te sien wat die Bybel se boodskap is en hoe dit jou in jou lewe kan help. Om meer uit te vind, kyk na hierdie video of na die algemene vrae oor die Bybelstudieprogram.

Kan ek eers net die inligting sien?

Kyk na die eerste paar lesse van die Bybelstudie.

Is jy reg om dit te probeer?

Kliek op die knoppie om jou eerste Bybelstudiesessie te reël.