Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE BYBEL SE BESKOUING

Gee God om vir die behoeftiges?

Gee God om vir die behoeftiges?

Gee God om vir die behoeftiges?

“Laat julle lewenswyse vry wees van die liefde vir geld . . . Want [God] het gesê: ‘Ek sal jou hoegenaamd nie verlaat of jou ooit versaak nie.’”—Hebreërs 13:5.

HOE GOD TOON DAT HY OMGEE

Wanneer ’n aanbidder van Jehovah God finansiële probleme ondervind, kan God se sorg op etlike maniere gesien word. Een van hierdie maniere is deur die liefdevolle ondersteuning van mede-Christene. * Jakobus 1:27 sê: “Die vorm van aanbidding wat vanuit die standpunt van ons God en Vader rein en onbesmet is, is dit: om na wese en weduwees in hulle verdrukking om te sien.”

Die vroeë Christene het mekaar gehelp. Toe daar byvoorbeeld voorspel is dat ’n hongersnood verskriklike gevolge sou hê vir die land Judea, het die Christene in die Siriese stad Antiogië besluit om “noodleniging aan die broers te stuur wat in Judea woon” (Handelinge 11:28-30). Gevolglik het hulle behoeftige mede-Christene noodsaaklike lewensmiddele ontvang. Hierdie vrywillige gawes was ’n blyk van Christelike liefde in aksie.—1 Johannes 3:18.

 Hoe kan die behoeftiges hulleself bevoordeel?

“Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel.”—Jesaja 48:17, 18.

GOD HELP ONS OM ONSSELF TE HELP

Soos miljoene mense al ondervind het, is die wysheid in die Bybel prakties en onoortreflik. Spreuke 2:6, 7 sê: “Jehovah gee wysheid; uit sy mond kom kennis en onderskeidingsvermoë. En vir die regskapenes sal hy praktiese wysheid as ’n skat bewaar.” Wanneer mense van hierdie wysheid gebruik maak, bevoordeel hulle hulleself.

Byvoorbeeld, hulle vermy skadelike en duur gewoontes, soos dwelm- of alkoholmisbruik (2 Korintiërs 7:1). Hulle word ook eerlik, pligsgetrouer en verantwoordeliker, wat hulle kanse vergroot om werk te vind of wat selfs beter werknemers van hulle maak. Efesiërs 4:28 sê: “Laat die steler nie meer steel nie, maar laat hom liewer hard werk . . . sodat hy iets kan hê om uit te deel aan iemand wat gebrek het.”

Is daar bewyse dat die Bybel se wysheid die behoeftiges help?

“God se wysheid word reg bewys deur die resultate wat dit voortbring.”—Matteus 11:19, The New English Bible.

RESULTATE WAT BOEKDELE SPREEK

Wilson, ’n tydelike werker wat in Ghana woon, se werkskontrak was byna verstreke. Op sy laaste werksdag het Wilson die besturende direkteur se motor gewas en geld in die kattebak gevind. Sy toesighouer het gesê dat hy die geld moet hou. Maar Wilson, wat een van Jehovah se Getuies is, het geweier om te steel. Hy het eerder die geld vir die direkteur teruggegee. Wilson is toe voltyds aangestel en het later ’n senior pos gekry.

In Europa het Géraldine haar werk verloor omdat haar werkgewer nie van Jehovah se Getuies gehou het nie. Die werkgewer se ma het egter vir haar dogter gesê dat sy ’n groot fout gemaak het. Sy het gesê: “As jy ’n werknemer wil hê wat betroubaar is en haar werk ernstig opneem, sal jy nie ’n beter werknemer kan vind as een van Jehovah se Getuies nie.” Haar dogter het navorsing gedoen oor die Getuies, en Géraldine het haar werk teruggekry.

Toe Sarah, ’n enkelma in Suid-Afrika, finansieel gesukkel het, het sy Christelike liefde in aksie ondervind toe lede van haar gemeente haar gesin van die nodige kos en vervoer voorsien het. Later het haar kinders gesê: “Ons het baie ouers in die gemeente.”

Dit is net ’n paar van talle soortgelyke ondervindinge. Dit laat ’n mens dink aan Spreuke 1:33, wat sê: “Wat die een betref wat na my [Jehovah] luister, hy sal in veiligheid woon.” Hoe waar is dit tog!

^ par. 5 In party lande voorsien die regering finansiële hulp aan die behoeftiges. Wanneer dit nie die geval is nie, berus die verantwoordelikheid hoofsaaklik by die behoeftiges se familielede.—1 Timoteus 5:3, 4, 16.