Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Harde werk is soos oefening, dit sal jou nou en in die toekoms help

VIR JONGMENSE

11: Hardwerkend

11: Hardwerkend

WAT DIT BETEKEN

Hardwerkende mense is nie bang vir werk nie. Hulle geniet dit eerder om hard te werk sodat hulle vir hulleself kan sorg en ander kan help — al is dit nie die lekkerste werk nie.

HOEKOM DIT BELANGRIK IS

Of ons nou daarvan hou of nie, die lewe is vol verantwoordelikhede. Die meeste mense in die wêreld hou nie van harde werk nie. So as jy hardwerkend is, sal jy een tree voor die res wees. — Prediker 3:13.

“Ek het al self gesien hoe harde werk ’n mens goed en gelukkig laat voel. Dit het my gehelp om eintlik van werk te begin hou. En goeie werksgewoontes gee jou ’n goeie reputasie.” — Reyon.

BYBELWAARHEID: “Harde werk bring goeie beloning.” — Spreuke 14:23, NAB.

WAT JY KAN DOEN

Die volgende stappe kan jou help om werk te geniet.

Wees trots op jou werk. Doen altyd jou bes met jou takies by die huis, jou skoolwerk of enige ander werk wat jy het. Sodra jy iets goed kan doen, soek na maniere om dit selfs beter of vinniger te doen. Hoe beter jy raak met iets, hoe meer sal jy daarvan hou.

BYBELWAARHEID: “Het jy ’n man gesien wat vaardig is in sy werk? Voor konings sal hy staan; hy sal nie voor gewone mense staan nie.” — Spreuke 22:29.

Kyk na die groter prentjie. As jy jou kant bring en hard werk, sal dit amper altyd ander mense help. As jy byvoorbeeld hard werk om al jou takies by die huis te doen, sal jy dinge vir almal in jou familie makliker maak.

BYBELWAARHEID: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.” — Handelinge 20:35.

Doen ’n bietjie ekstra. In plaas daarvan om net te doen wat jy moet, doen ’n bietjie meer. Op hierdie manier is jy in beheer van jou eie lewe. Jy doen ’n bietjie meer uit jou eie uit en nie omdat iemand jou forseer nie. — Matteus 5:41.

BYBELWAARHEID: “Sodat jou goeie daad nie onder dwang sal wees nie, maar uit vrye wil.” — Filemon 14.

Leer om balans te hê. Hardwerkende mense is nie lui nie, maar hulle is ook nie verslaaf aan hulle werk nie. Hulle probeer om gebalanseerd te wees. Hulle geniet dit om hard te werk, maar ook om ’n bietjie te rus.

BYBELWAARHEID: “’n Hand vol rus is beter as ’n dubbele hand vol harde werk en ’n gejaag na die wind.” — Prediker 4:6.