Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

4 | Oorkom haat met God se hulp

4 | Oorkom haat met God se hulp

Wat die Bybel sê:

“Die vrug van die gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, goedhartigheid, goedheid, geloof, sagmoedigheid, selfbeheersing.”  GALASIËRS 5:22, 23.

Wat dit beteken:

Dit is moontlik om die siklus van haat met God se hulp te breek. Sy heilige gees kan ons help om eienskappe te ontwikkel wat ons nooit uit ons eie kon hê nie. So in plaas daarvan om self te probeer om haat te oorkom, is dit beter om op God se hulp te vertrou. As ons dit doen, sal ons net soos die apostel Paulus voel, wat geskryf het: “Vir alles is ek sterk genoeg deur hom wat my krag gee” (Filippense 4:13). En ons sal ook kan sê: “My hulp kom van Jehovah.” – Psalm 121:2.

Wat jy kan doen:

“Jehovah het my van ’n gewelddadige na ’n vredeliewende mens verander.” – WALDO

Bid tot Jehovah en vra hom uit die hart vir sy heilige gees (Lukas 11:13). Vra hom om jou te help om goeie eienskappe te hê. Vind uit wat die Bybel sê oor eienskappe wat keer dat haat ontwikkel, soos liefde, vrede, geduld en selfbeheersing. Soek na maniere om hierdie eienskappe in jou eie lewe te ontwikkel. En maak vriende met mense wat ook probeer om hierdie eienskappe te ontwikkel. Sulke vriende kan jou “tot liefde en goeie werke . . . motiveer”. – Hebreërs 10:24; voetnoot.