Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

[van links na regs] Marcelo, Yomara en Hiver. Elkeen van hulle met ’n Spaanse Nuwe Wêreld-vertaling in braille

Hulle het liefde in aksie gesien

Hulle het liefde in aksie gesien

YOMARA en haar broers – Marcelo en Hiver – bly in ’n klein dorpie in Guatemala. Yomara het die Bybel met die Getuies begin studeer, en haar broers het later ook begin studeer. Maar daar was ’n probleem. Al drie van hulle is blind, en hulle kon nie braille lees nie. Daarom het hulle Bybelonderrigter die paragrawe en die Bybelverse van die les vir hulle gelees.

Dit was ook vir hulle moeilik om die vergaderinge by te woon. Die naaste Koninkryksaal was 40 minute van hulle af, en hulle kon nie op hulle eie daar kom nie. Maar die broers in die gemeente het hulle gehelp om by die vergaderinge uit te kom. En toe hulle begin om studentetoewysings by die vergadering in die week te doen, het die broers hulle gehelp om hulle aanbiedings uit hulle kop uit te leer.

In Mei 2019 het die broers gereël om gemeentelike vergaderinge in hulle dorp te begin hou. Teen daardie tyd het ’n gewone pionierpaartjie na die dorp getrek. Hulle wou Yomara en haar broers leer hoe om braille te lees en te skryf, selfs al het hulle nie geweet hoe om dit self te doen nie. Hulle het na ’n biblioteek gegaan en boeke oor braille gekry sodat hulle kon leer hoe om ander te leer om dit te gebruik.

Marcelo gee ’n antwoord gedurende ’n gemeentelike vergadering

Ná ’n paar maande kon hulle braille maklik lees, en dit het hulle gehelp om hulle verhouding met Jehovah te versterk. a Nou is Yomara, Marcelo en Hiver gewone pioniers. Marcelo is ’n bedieningskneg. Hulle is die hele week baie besig in Jehovah se diens. Hulle ywer is aansteeklik.

Die drie van hulle is dankbaar vir die liefdevolle ondersteuning van die gemeente. Yomara sê: “Vandat ons die Getuies vir die eerste keer ontmoet het, het hulle ware Christelike liefde aan ons gewys.” Marcelo sê verder: “Ons het wonderlike vriende in ons gemeente, en ons is deel van ’n wêreldwye familie wat in liefde verenig is.” Yomara en haar broers sien baie uit na die tyd wanneer Jehovah die aarde in ’n paradys sal verander. – Ps. 37:10, 11; Jes. 35:5.

a ’n Brosjure met die titel Learn to Read Braille is ontwerp om iemand wat blind is, te leer hoe om braille te lees en te skryf.