Spring na inhoud

Wat behels ’n Bybelstudie wat Jehovah se Getuies aanbied?

Wat behels ’n Bybelstudie wat Jehovah se Getuies aanbied?

 Wat gebeur by ’n Bybelstudie?

 n Persoonlike onderrigter sal jou help om die Bybel beter te leer ken. Ons gebruik Geniet die lewe vir ewig! wat Bybellesse bevat wat jou kan help. Jy sal onderwerp vir onderwerp sien wat die Bybel leer sowel as hoe dit jou kan help. Om meer uit te vind, kyk na die volgende video.

 Moet ek vir die Bybelstudie betaal?

 Nee. Ons volg die riglyne wat Jesus aan sy dissipels gegee het: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee” (Matteus 10:8). Ons onderrigters word nie betaal nie, en daar word ook nie geld gevra vir ’n Bybel of ’n kopie van Geniet die lewe vir ewig! nie.

 Hoe lank is die kursus?

 Die hele kursus bestaan uit 60 lesse. Jy kan besluit hoe vinnig jy hierdie lesse wil dek. Maar baie studente is gemaklik daarmee om een of meer lesse per week te studeer.

 Hoe kan ek begin?

  1.  1. Vul die vorm aanlyn in. Ons sal die persoonlike inligting wat jy ingevul het, net gebruik om te reël dat iemand jou kontak soos jy versoek het.

  2.  2. ’n Onderrigter sal jou kontak. Jou onderrigter sal verduidelik wat jy kan verwag gedurende jou Bybelstudie en enige vrae wat jy dalk het, beantwoord.

  3.  3. Jy en jou onderrigter maak die reëlings vir die studie. Die studie kan in persoon, oor die telefoon, deur middel van video-oproep, per pos of oor e-pos wees. Studiesessies is gewoonlik omtrent ’n uur lank, maar dit kan korter of langer wees afhangende van jou omstandighede.

 Kan ek eers sien hoe die Bybelstudie werk?

 Ja. Vul die vorm aanlyn in om dit te doen. Wanneer ’n onderrigter jou kontak, laat hom of haar weet dat jy eers net wil sien hoe die Bybelstudie werk. Hy of sy sal die brosjure Geniet die lewe vir ewig! gebruik wat drie lesse bevat wat ’n inleiding tot die Bybelstudie is. Dit sal jou help om te sien of jy van die Bybelstudie hou.

 As ek ’n Bybelstudie aanvaar, moet ek een van Jehovah se Getuies word?

 Nee. Jehovah se Getuies hou daarvan om mense uit die Bybel te leer, maar ons dwing nooit mense om by ons godsdiens aan te sluit nie. Ons wys net vir hulle wat die Bybel sê en respekteer dat almal die reg het om te kies wat hy of sy sal glo. – 1 Petrus 3:15.

 Mag ek my eie Bybel gebruik?

 Ja, jy mag enige Bybelvertaling gebruik wat jy wil. Hoewel ons dit geniet om die duidelike en akkurate Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel te gebruik, besef ons dat baie mense dit verkies om ’n vertaling te gebruik waarmee hulle gemaklik is.

 Mag ek ander vra om in te sit by die Bybelstudie?

 Ja, jou hele gesin kan insit. Jy kan ook ander familielede of vriende nooi om in te sit.

 Wat as ek die Bybel met Jehovah se Getuies in die verlede gestudeer het? Kan ek weer studeer?

 Ja. Jy sal ons huidige Bybelstudiekursus heel moontlik selfs meer geniet omdat dit aangepas is om mense in vandag se wêreld te help. Dit bevat meer video’s en prente en is meer interaktief as ons vorige Bybelstudiekursusse.

 Kan ek ’n Bybelstudie doen sonder ’n persoonlike onderrigter?

 Ja. Hoewel die meeste studente makliker leer met die hulp van ’n onderrigter, verkies party om die Bybel eers op hulle eie te studeer. Op ons webblad Bybelstudiehulpe is daar gratis hulpmiddele en verwysings wat jou kan help om die Bybel te studeer. Hier is ’n paar hulpmiddele wat jou dalk kan help: