Spring na inhoud

Bybelvideo’s – Belangrike leringe

Hierdie kort video-lesse gee die antwoord op belangrike Bybelvrae, soos: Hoekom het God die aarde geskep? Wat is die toestand van die dooies? Hoekom laat God toe dat mense swaarkry?

Is die heelal geskep?

Die verslag word baie keer verkeerd verstaan of daar word gesê dat dit nie waar is nie. Kan ’n mens glo wat die Bybel sê?

Bestaan God werklik?

Kyk na bewyse hoekom dit logies is om in God te glo.

Het God ’n naam?

God het baie titels, insluitende Almagtige, Skepper en Here. Maar God se persoonlike naam verskyn sowat 7 000 keer in die Bybel.

Hoe kan jy God se vriend wees?

Vir honderde jare wou mense hulle Skepper leer ken. Die Bybel kan ons help om God se vriend te word. Hierdie vriendskap begin deur uit te vind wat God se naam is.

Wie is die Outeur van die Bybel?

As mense dit geskryf het, kan dit werklik die Woord van God genoem word? Wie se gedagtes bevat die Bybel?

Hoe kan ons seker wees dat die Bybel betroubaar is?

As God die Outeur van die Bybel is, moet dit anders wees as enige boek wat al ooit geskryf is.

Hoekom het God die aarde geskep?

Ons wêreld is pragtig. Dit is presies die regte afstand van die son, dit lê teen net die regte helling en draai teen net die regte spoed. Hoekom het God soveel moeite gedoen om die aarde te skep?

Wat is die doel van die lewe?

Vind uit wat die doel van die lewe is en hoe om dit regtig te geniet.

Wat is die toestand van die dooies?

Die Bybel belowe dat daar ’n tyd sal wees wanneer baie mense, net soos Lasarus, uit die dood opgewek sal word.

Is die hel ’n regte plek waar mense wreed gestraf word?

Die Bybel sê vir ons dat “God liefde [is]”, en daarom sal hy mense nooit wreed straf vir hulle vorige sondes nie.

Is Jesus Christus God?

Is Jesus Christus dieselfde persoon as die almagtige God? Of is hulle aparte persone?

Waarom het Jesus gesterf?

Die Bybel heg groot waarde aan Jesus se dood. Het sy dood ’n doel gehad?

Wat is God se Koninkryk?

Regdeur Jesus se bediening het hy mense meer oor God se Koninkryk geleer as oor enigiets anders. Sy volgelinge bid al honderde jare lank dat daardie Koninkryk moet kom.

God se Koninkryk het in 1914 begin regeer

Meer as 2 600 jaar gelede het God ’n profetiese droom aan ’n magtige koning gegee wat nou besig is om waar te word.

Die wêreld het verander vanaf 1914

Wêreldtoestande en gesindhede vanaf 1914 wys dat Bybelprofesieë oor “die laaste dae” nou waar word.

Word natuurrampe deur God veroorsaak?

Twee mense wat deur ’n natuurramp geraak is, verduidelik wat hulle uit die Bybel geleer het.

Hoekom laat God toe dat mense swaarkry?

Baie mense vra hoekom die wêreld so vol haat en swaarkry is. Die Bybel gee ’n goeie antwoord wat mense vertroos.

Aanvaar God alle vorme van aanbidding?

Baie mense glo dat dit nie saak maak aan watter godsdiens jy behoort nie.

Aanvaar God die gebruik van beelde in ons aanbidding?

Kan dit ons help om na aan ’n God te voel wat ons nie met ons oë kan sien nie?

Luister God na alle gebede?

Sê nou ’n persoon bid weens selfsugtige redes? Sê nou ’n man mishandel sy vrou by die huis en die volgende dag vra hy God om hom te seën?

Wat is God se beskouing van die huwelik?

God wil hê dat julle huwelik suksesvol moet wees. Die Bybel se goeie raad het al baie paartjies gehelp.

Is pornografie ’n sonde teen God?

Kom die woord “pornografie” selfs in die Bybel voor? Hoe kan ons uitvind hoe God oor pornografie voel?