Spring na inhoud

Is Jesus die almagtige God?

Is Jesus die almagtige God?

Die Bybel se antwoord

 Jesus se teenstanders het hom daarvan beskuldig dat hy hom aan God gelykmaak (Johannes 5:18; 10:30-33). Maar Jesus het nooit beweer dat hy op dieselfde vlak as God die Almagtige is nie. Hy het gesê: “Die Vader is groter as ek.”—Johannes 14:28.

 Jesus se vroeë volgelinge het hom nie as God die Almagtige se gelyke beskou nie. Die apostel Paulus het byvoorbeeld geskryf dat God Jesus opgewek het en hom toe ‘tot ’n hoër posisie verhef het’. Dit is duidelik dat Paulus nie geglo het dat Jesus God die Almagtige is nie. Hoe kon God Jesus andersins tot ’n hoër posisie verhef?—Filippense 2:9.