Spring na inhoud

IS DIT ONTWERP?

Die skokabsorberende skil van die pomelo

Die skokabsorberende skil van die pomelo

 Die pomelo is ’n groot, soet sitrusvrug wat aan ’n boom groei. Hoewel die vrug meer as 10 meter kan val, kom dit niks oor nie! Wat maak hierdie vrug so skokabsorberend?

 Dink hieraan: Navorsers het gevind dat die wit binnelaag van die pomelo se skil bestaan uit ’n sponsagtige netwerk van selle en spasies tussen die selle. Daar is al hoe meer spasies tussen die selle hoe dieper mens in die vrug ingaan, en dit is vol lug of vloeistof. Wanneer die vrug op die grond val, is die vloeistof soos ’n kussing. Die pomelo se skil word styf wanneer dit die grond tref en absorbeer die impak van die val eerder as om te breek.

 Wetenskaplikes toets ’n soort skokabsorberende skuim wat uit metaal gemaak is. Hulle het dit ontwerp op grond van die struktuur van die pomelo se skil. Hulle dink dat hulle ’n soortgelyke ontwerp kan gebruik vir motorfietsvalhelms, impakbeskerming vir motors en beskerming teen meteoroïede wat ’n ruimtestasie tref.

 Wat dink jy? Het die pomelo se skokabsorberende skil deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?