Spring na inhoud

Gebruiksvoorwaardes

Gebruiksvoorwaardes

Welkom!

Hierdie webwerf word beskikbaar gestel om jou te help om meer omtrent God, die Bybel en Jehovah se Getuies te leer. Jy kan die inhoud waarin jy belangstel, lees, daarna kyk en dit aflaai. Ons wil hê dat ander ook by ons webwerf moet baat vind, maar moet asseblief nie die inhoud daarvan vir ander webwerwe of toepassings gebruik nie. Om ander te wys wat jy geleer het, kan jy hulle na hierdie webwerf verwys soos uiteengesit in die Gebruiksvoorwaardes hieronder.

 Kopiereg

© 2024 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania. Alle regte voorbehou.

Hierdie webwerf word deur Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. (“Watchtower”) gepubliseer en in stand gehou. Tensy anders aangedui, is alle teks en ander inligting op hierdie webwerf die intellektuele eiendom van Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania (“Watch Tower”).

 Handelsmerke

Adobe, die Adobe-embleem, Acrobat en die Acrobat-embleem is handelsmerke van Adobe Systems Incorporated. Apple, iTunes en iPod is handelsmerke van Apple Inc. Microsoft, die Microsoft-embleem, sowel as die name van enige Microsoft-sagteware en -produkte, insluitende Microsoft Office en Microsoft Office 365, is handelsmerke van Microsoft Inc. Android is ’n handelsmerk van Google LLC. Die Android-robot is gereproduseer of aangepas van werk wat deur Google geskep en gedeel is en word gebruik volgens die voorwaardes in die “Creative Commons 3.0 Attribution”-lisensie (https://creativecommons.org/licenses/by/3.0/us/). Alle ander handelsmerke en geregistreerde handelsmerke is die eiendom van hulle onderskeie handelsmerkhouers.

 Gebruiksvoorwaardes en lisensie om die webwerf te gebruik

Hierdie Gebruiksvoorwaardes bepaal hoe jy hierdie webwerf mag gebruik. Deur hierdie webwerf te gebruik, tesame met enige Addisionele Gebruiksvoorwaardes (gesamentlik, “Gebruiksvoorwaardes”), aanvaar jy hierdie Gebruiksvoorwaardes ten volle. As jy nie met hierdie Gebruiksvoorwaardes of enige deel daarvan saamstem nie, moet jy nie hierdie webwerf gebruik nie.

Wat behels gepaste gebruik? In ooreenstemming met die beperkings wat hieronder uiteengesit word, mag jy:

  • Kunswerk, elektroniese publikasies, musiek, foto’s, teks of video’s wat deur Watch Tower se kopiereg beskerm word, op hierdie webwerf lees, aflaai en druk vir persoonlike en niekommersiële doeleindes.

  • Skakels of elektroniese kopieë van aflaaibare publikasies, video’s of oudioprogramme op hierdie webwerf aan ander stuur.

Jy mag nie:

  • Kunswerk, elektroniese publikasies, handelsmerke, musiek, foto’s, video’s of artikels van hierdie webwerf op die Internet (enige webwerf, lêerdeel-webwerf, videodeel-webwerf of sosiale netwerk) plaas nie.

  • Kunswerk, elektroniese publikasies, handelsmerke, musiek, foto’s, teks of video’s van hierdie webwerf saam met of as deel van enige toepassingsagteware versprei nie. (Dit sluit in dat jy nie sulke materiaal op ’n biedener laai om deur toepassingsagteware gebruik te word nie.)

  • Enige kunswerk, elektroniese publikasies, handelsmerke, musiek, foto’s, teks of video’s op hierdie webwerf reproduseer, dupliseer, kopieer, versprei of andersins gebruik vir kommersiële doeleindes of vir geld (al is geen wins daarby betrokke nie).

  • Enige toepassingsagteware, hulpmiddels of tegnieke vir verspreidingsdoeleindes ontwerp wat spesifiek saamgestel is om data, HTML, prente of teks van hierdie webwerf te versamel, te kopieer, af te laai, te onttrek, in te samel of te skraap nie. (Dit beperk nie die verspreiding van gratis, nie-kommersiële toepassings wat ontwerp is om elektroniese lêers soos EPUB, PDF, MP3 en MP4 van publieke gedeeltes van hierdie webwerf af te laai nie.)

  • Die webwerf of sy dienste misbruik, deur byvoorbeeld met die webwerf in te meng of tot die webwerf of sy dienste toegang te verkry deur ’n ander metode te gebruik as wat spesifiek voorsien is nie.

  • Hierdie webwerf gebruik op enige manier wat die webwerf beskadig, of moontlik kan beskadig, of die beskikbaarheid van of toeganklikheid tot die webwerf belemmer nie; of op enige manier wat onwettig, oneerlik of skadelik is, of die webwerf gebruik in verband met enige onwettige, oneerlike of skadelike doeleinde of bedrywigheid nie.

  • Hierdie webwerf of enige kunswerk, elektroniese publikasies, handelsmerke, musiek, foto’s, teks of video’s daarop vir enige bemarkingsverwante doeleinde gebruik nie.

 Mediese gedeelte

Die inhoud van die mediese gedeelte van hierdie webwerf (“Medical Section”) voorsien slegs inligting en nie mediese advies nie; dit vervang ook nie professionele mediese advies, diagnose of behandeling nie. Die mediese gedeelte beveel geen spesifieke toetse, dokters, produkte, prosedures, opinies of ander inligting aan wat moontlik daarin genoem word nie, en staan dit nie voor nie.

Raadpleeg altyd ’n dokter of ’n ander gekwalifiseerde gesondheidsorgwerker oor enige vrae wat jy dalk het in verband met ’n mediese toestand of behandeling.

Hierdie webwerf probeer om akkurate en onlangse inligting in die mediese gedeelte in te sluit. Maar die inligting wat jy deur die mediese gedeelte verkry, word “SOOS DIT IS” voorsien sonder waarborg, hetsy uitdruklik of geïmpliseer. Hierdie webwerf word gevrywaar teen alle uitdruklike of geïmpliseerde waarborge wat verband hou met die mediese gedeelte, insluitende, maar nie beperk tot, geïmpliseerde waarborge van gebruiklikheid en gepastheid vir ’n spesifieke doel. Hierdie webwerf gee geen waarborg ten opsigte van die betroubaarheid, akkuraatheid, tydigheid, nuttigheid of volledigheid van enige inligting waartoe toegang verkry is deur die mediese gedeelte nie. Hierdie webwerf aanvaar geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid vir enige foute of weglatings in die inhoud van die mediese gedeelte nie. Enige inligting wat in die mediese gedeelte voorsien word, word op eie risiko gebruik. Hierdie webwerf sal onder geen omstandighede aanspreeklik gehou word vir enige klagte of skade (insluitende, maar nie beperk tot, toevallige en voortvloeiende skade, persoonlike besering/onregmatige dood, verlies van winste of skade weens verlore data of bedryfsteuring) wat die gevolg is van die gebruik van die mediese gedeelte of die onvermoë om dit te gebruik, hetsy sulke klagte of skade gegrond is op waarborg, kontrak, delik of enige ander regsteorie, en hetsy hierdie webwerf van die moontlikheid van sulke klagte of skade ingelig is of nie.

 Vrywaring van waarborge en Beperking op aanspreeklikheid

Hierdie webwerf en alle inligting, inhoud, materiaal en ander dienste wat op die webwerf aan jou beskikbaar gestel is, word deur Watchtower voorsien “soos dit is”. Watchtower maak geen verteenwoordigings of waarborge van enige aard, uitdruklik of geïmpliseerd, nie.

Watchtower waarborg nie dat die webwerf vry van virusse of ander skadelike elemente is nie. Watchtower sal nie aanspreeklik gehou word vir enige skade van enige soort wat ontstaan as gevolg van die gebruik van enige diens of enige inligting, inhoud, materiaal of ander dienste wat op die webwerf aan jou beskikbaar gestel is nie, insluitende maar nie beperk tot direkte, indirekte, toevallige, strafbare en gevolglike (insluitende verlies van winste) skade nie.

 Oortreding van Gebruiksvoorwaardes

As jy hierdie Gebruiksvoorwaardes in enige opsig oortree, sal Watchtower, sonder aantasting van Watchtower se ander regte onder hierdie Gebruiksvoorwaardes, enige stappe doen wat Watchtower gepas ag in die lig van die oortreding, insluitende om jou toegang tot die webwerf op te skort, jou toegang tot die webwerf te blokkeer, rekenaars wat jou IP-adres gebruik, te verhinder om toegang tot die webwerf te verkry, jou Internetdiensverskaffer te versoek om jou toegang tot die webwerf te blokkeer en/of regstappe teen jou te doen.

 Wysiging

Watchtower sal moontlik hierdie Gebruiksvoorwaardes van tyd tot tyd hersien. Hersiene Gebruiksvoorwaardes sal van toepassing wees op die gebruik van hierdie webwerf vanaf die datum dat die hersiene Gebruiksvoorwaardes op hierdie webwerf gepubliseer word. Besoek hierdie blad gereeld om seker te maak dat jy met die jongste weergawe vertroud is.

 Wet en jurisdiksie

Hierdie Gebruiksvoorwaardes sal bepaal word deur en vertolk word volgens die wette van die staat New York, VSA, afgesien van strydigheid van regsbeginsels. Enige regsgeding in verband met hierdie Gebruiksvoorwaardes sal plaasvind in ’n staats- of federale hof wat jurisdiksie in die staat New York, VSA, het.

 Skeibaarheid

As ’n bepaling van hierdie Gebruiksvoorwaardes deur ’n hof met jurisdiksie as nietig, ongeldig, onafdwingbaar of onwettig bepaal word, sal die ander bepalings nog van krag wees. Versuim aan die kant van Watchtower om ’n bepaling van hierdie Gebruiksvoorwaardes toe te pas, sal nie ’n kwytskelding van die bepaling of die reg om die bepaling toe te pas, uitmaak of as so ’n kwytskelding vertolk word nie.

 Hele ooreenkoms

Hierdie Gebruiksvoorwaardes maak die hele ooreenkoms uit tussen jou en Watchtower in verband met jou gebruik van hierdie webwerf, en dit vervang alle vorige ooreenkomste met betrekking tot jou gebruik van hierdie webwerf.