Spring na inhoud

Waarom gaan Jehovah se Getuies van deur tot deur?

Waarom gaan Jehovah se Getuies van deur tot deur?

 Jesus het vir sy volgelinge gesê: “Maak dissipels van mense van al die nasies” (Matteus 28:19, 20). Toe Jesus sy vroeë dissipels uitgestuur het, het hy vir hulle gesê om na mense se huise te gaan (Matteus 10:7, 11-13). Ná Jesus se dood het die eerste-eeuse Christene aangehou om hulle boodskap “in die openbaar en van huis tot huis” te verkondig (Handelinge 5:42; 20:20). Ons volg die voorbeeld van daardie vroeë Christene en vind dat die deur-tot-deur-bediening ’n goeie manier is om mense te bereik.