Spring na inhoud

Hoe word Jehovah se Getuies se gemeentes georganiseer?

Hoe word Jehovah se Getuies se gemeentes georganiseer?

 ’n Liggaam van ouer manne hou toesig oor elke gemeente. Omtrent 20 gemeentes maak ’n kring uit, en omtrent 10 kringe vorm ’n streek. Gemeentes word van tyd tot tyd besoek deur reisende ouer manne, wat as kringopsieners en streekopsieners bekend staan.

 Bybelse leiding en instruksies word voorsien deur ’n Bestuursliggaam, wat bestaan uit ervare Getuies wat tans by die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Warwick, New York, V.S.A dien.—Handelinge 15:23-29; 1 Timoteus 3:1-7.