Spring na inhoud

Is Jehovah se Getuies verdraagsaam teenoor ander godsdienste?

Is Jehovah se Getuies verdraagsaam teenoor ander godsdienste?

 Ons volg die Bybel se raad om “alle mense [te] respekteer”—ongeag hulle godsdiensoortuigings (1 Petrus 2:17, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Byvoorbeeld, in party lande is daar honderdduisende Getuies van Jehovah. Nogtans probeer ons nie druk op politici of wetgewers uitoefen om die werk van ander godsdiensgroepe te beperk of te verbied nie. Ons voer ook nie veldtogte om wette te laat bekragtig wat ons sedelike en godsdiensoortuigings op die gemeenskap sal afdwing nie. Inteendeel, ons is net so verdraagsaam teenoor ander as wat ons wil hê hulle teenoor ons moet wees.—Matteus 7:12.