Spring na inhoud

Betheltoere

Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.

Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.

Slowenië

Toerinligting

Moet jy ’n toerbespreking maak voordat jy kom vir ’n toer? Ja. Om te keer dat te veel mense op een slag opdaag en om seker te maak dat almal die toer geniet, vra ons dat alle besoekers wat vir ’n toer kom, ’n bespreking maak voordat hulle opdaag, ongeag hoe groot die groep is.

Kan jy kom vir ’n toer as jy nie ’n bespreking gemaak het nie? As jy nie ’n toerbespreking maak nie, is daar ’n moontlikheid dat ons jou nie kan help nie. As gevolg van die beperkte spasie kan net ’n sekere aantal mense elke dag vir ’n toer kom.

Hoe laat moet jy vir die toer opdaag? Om seker te maak dat jou toer op tyd begin, moet jy asseblief nie vroeër as 10 minute voor jou toerbespreking opdaag nie.

Hoe bespreek mens ’n toer? Kliek op die knoppie “Bespreek ’n toer”.

Kan jy ’n toerbespreking verander of kanselleer? Ja. Kliek op die knoppie “Kyk na of verander toerbesprekings”.

Wat as daar nie toere beskikbaar is op die dae wat jy verkies nie? Hou aan om die webwerf dop te hou. Toere word beskikbaar wanneer besprekings verander of gekanselleer word.

Bespreek ’n toer

Laai ’n toerbrosjure af

Uitstallings

Besoekers kan ’n uitstalling geniet wat die ontwikkeling van die Sloweense Bybel wys. Hierdie uitstalling sluit besonderhede in oor hoe God se naam in Bybels en Sloweense lektuur oor die eeue gebruik is.

Adres en telefoonnommer

Groharjeva ulica 22

SI-1241 KAMNIK

SLOVENIA

+386 1-83-03-600

Hoe om daar te kom