Spring na inhoud

28 FEBRUARIE 2022
DEMOKRATIESE REPUBLIEK VAN DIE KONGO

Die Christelike Griekse Geskrifte word vrygestel in Kipende

Die Christelike Griekse Geskrifte word vrygestel in Kipende

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Kipende is op 20 Februarie 2022 vrygestel gedurende ’n program wat vooraf opgeneem is. ’n Lid van Kongo (Kinshasa) se Takkomitee, broer Nicolas Hifinger, het die elektroniese weergawe van die Bybel aan ’n gehoor van omtrent 10 000 verkondigers vrygestel. Harde kopieë sal in April 2022 beskikbaar wees.

Die geskiedenis van Jehovah se Getuies in die Kipende-veld het in die 1960’s begin toe iemand vir ’n man met die naam Makanda Madinga Henri ’n kopie van The Watchtower gegee het. Nadat hy dit gelees het, was hy oortuig dat die boodskap daarin die waarheid is en het hy vir ander begin vertel wat hy leer. Hy is met verloop van tyd as een van Jehovah se Getuies gedoop. Later, in 1979, is die eerste Kipende-gemeente in Kiefu begin.

Die Kipende-vertaalkantoor is in Kikwit, wat omtrent 500 kilometer vanaf die takkantoor in Kinshasa is

Hierdie vertaling sal ons broers en susters help met hulle persoonlike studie en om die goeie nuus te verkondig. Broer Hifinger het byvoorbeeld verduidelik dat hierdie nuwe vrystelling “akkuraat en duidelik” is en dat dit “Jehovah se naam herstel oral waar dit in die oorspronklike tekste was”.

Ons bid dat hierdie Nuwe Wêreld-vertaling ons broers sal help om “aan [te] hou om vrugte te dra in elke goeie werk en te groei in die akkurate kennis van God”. – Kolossense 1:10.