Spring na inhoud

Brandende bande wat ’n straat versper in Port-au-Prince, Haïti

19 MAART 2024
HAÏTI

Broers in Haïti verduur al hoe meer burgerlike onrus

Broers in Haïti verduur al hoe meer burgerlike onrus

Die afgelope paar jaar is ons broers en susters in Haïti deur al hoe meer geweld en burgerlike onrus geraak. Sedert 2 Maart 2024 is daar probleme en geweld in Port-au-Prince, die hoofstad van Haïti, toe swaar gewapende groepe belangrike geboue en ander noodsaaklike dienste aangeval het. Die regering het ’n aandklokreël ingestel en ’n noodtoestand in die land aangekondig. Daar is berigte dat ongeveer 15 000 mense gedwing is om na veiliger dele van die land te vlug en dat baie mense reeds gesterf het.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie

  • 113 broers en susters is gedwing om hulle huise te verlaat

  • 2 huise is vernietig

  • 5 gesinne se besittings is alles gesteel of beskadig

  • Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie

Noodlenigingspogings

  • 4 Noodlenigingskomitees is aangestel om noodlenigingspogings regoor die takkantoor se gebied te organiseer

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne sorg vir die geestelike en materiële behoeftes van dié wat geraak is, insluitende dié wat as gevolg van die geweld gevlug het

As ’n wêreldwye broederskap bid ons almal dat Jehovah ons broers en susters in Haïti wysheid en ’n kalm hart gedurende hierdie moeilike tye sal gee. Ons sien saam met hulle uit na die vervulling van Jehovah se belofte van ’n nuwe wêreld waar daar “’n oorvloed van vrede” sal wees. – Psalm 72:7.