Spring na inhoud

Broer Jowidon Bobojonof

18 NOVEMBER 2020
TADJIKISTAN

Broer Jowidon Bobojonof vrygespreek deur president van Tadjikistan en uit tronk vrygelaat

Broer Jowidon Bobojonof vrygespreek deur president van Tadjikistan en uit tronk vrygelaat

Nadat broer Jowidon Bobojonof op 1 November 2020 uit die tronk vrygelaat is, het hy gesê: “Jehovah het my gehelp om my geloof sterk te hou.” Die president van Tadjikistan het Jowidon, saam met 377 ander gevangenes, die vorige dag vrygespreek. Jowidon het nege maande van ’n twee jaar tronkstraf vir gewetensbeswaar teen militêre diens uitgedien.

Op 4 Oktober 2019 het militêre offisiere Jowidon, wat toe 19 jaar oud was, by sy huis ontvoer en hom by die militêre kantoor aangehou. In die maande daarna is hy na verskillende militêre eenhede oorgeplaas. In elke militêre tydelike detensie-fasiliteit moes hy verduidelik hoekom hy weier om militêre diens te doen. Jowidon vertel: “Verskeie bevelvoerders en soldate het my vrae gevra wat nie sin maak nie, en hulle almal wou hê dat ek my godsdiens moes opgee. Hulle het my met hierdie vrae probeer uitlok omdat hulle wou hê dat ek my humeur moes verloor. Soms het hulle my in die nag wakker gemaak en my hierdie selfde vrae oor en oor gevra en daarop aangedring dat ek verduidelik hoekom ek weier om militêre diens te doen.

“Maar gebed het baie gehelp. In die militêre eenheid het ek elke dag en nag intens gebid terwyl ek gehuil het. Ek het Jehovah vir sy hulp gevra om nie op te gee nie, om hom nie teleur te stel nie en om nie terug te antwoord wanneer ek uitgelok was nie.

“Jehovah het my hand styf vasgehou . . . Soms het ek depressief gevoel omdat ek eensaam was. Maar Jehovah het my deur sy skepping nuwe moed en krag gegee. Elke oggend het ek wakker geword met die geluid van voëltjies wat sing. In die aand het ek na die maan en sterre gekyk. Hierdie geskenke van Jehovah het my gelukkig en aangemoedig laat voel.”

Jowidon is op 2 April 2020 skuldig bevind en van ’n tydelike detensie-fasiliteit na die tronk oorgeplaas. Hy was nie toegelaat om pos te kry nie. Maar die plaaslike broers en susters het vir hom kos gebring en die dagteks op die kossakkies geskryf. Jowidon sê: “Dit het my gehelp om nie so eensaam te voel nie, en ek het besef hoe wonderlik my vriende is.”

Jowidon was ook dankbaar dat hy Bybelverse soos Romeine 8:37-39 kon onthou. Hy sê: “Ek het in die tronk besef hoe waar hierdie woorde is. Nie een van hierdie toetse kon my van Jehovah se liefde skei nie. Jehovah het my gehelp om my geloof sterk te hou.”

Jowidon se ondervinding het sy ouers aangemoedig. Sy pa, Abdoejamol, sê: “Ons geloof is deur gebed en die goeie voorbeeld van ons seun versterk, wat getrou gebly het aan Jehovah deur hierdie moeilike tyd. Al ons geestelike broers en susters regoor die wêreld was baie ondersteunend. Ons waardeer regtig hulle gebede. Ons is baie dankbaar teenoor Jehovah omdat hy vir ons sulke liefdevolle vriende gegee het.”

In hierdie tyd van die einde verwag ons almal om deur “swaar tye” te gaan (1 Petrus 4:12). Daarom sê Jowidon: “Nou dat ek vry is, beplan ek om my vryheid te gebruik om meer oor Jehovah te leer en om my goed voor te berei op toekomstige swaar tye. Vir dié wat nog nie deur sulke moeilike tye gegaan het nie, is dit baie belangrik om jou vryheid ten volle te gebruik om meer oor Jehovah te leer deur sy Woord en ons publikasies te lees.”