Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 2

God het die eerste man en vrou gemaak

God het die eerste man en vrou gemaak

Jehovah het ’n tuin gemaak in ’n plek wat Eden genoem is. Die tuin was vol blomme, bome en diere. Toe het God die eerste mens, Adam, uit stof gemaak en in sy neusgate geblaas. Weet jy wat gebeur het? Die mens het ’n lewende persoon geword! Jehovah het gesê dat Adam na die tuin moet kyk, en God het vir hom gesê om al die diere name te gee.

Jehovah het Adam ’n belangrike bevel gegee. Hy het vir Adam gesê: ‘Jy kan die vrugte van al die bome eet, behalwe die vrugte van een spesiale boom. As jy die vrugte van daardie boom eet, sal jy sterf.’

Jehovah het later gesê: ‘Ek gaan vir Adam ’n helper maak.’ Hy het Adam aan die slaap gemaak, en toe het God een van Adam se ribbebene gebruik om ’n vrou vir Adam te maak. Haar naam was Eva. Adam en Eva het die eerste gesin geword. Hoe het Adam oor sy nuwe vrou gevoel? Adam was baie gelukkig en hy het gesê: ‘Kyk wat Jehovah uit my ribbebeen gemaak het! Uiteindelik! Dis iemand soos ek.’

Jehovah het vir Adam en Eva gesê om kinders te hê en die aarde te vul. Hy wou hê dat hulle dit moes geniet om saam te werk om die hele aarde ’n paradys, of ’n pragtige park, net soos die tuin van Eden te maak. Maar dit het nie gebeur nie. Hoekom nie? Ons sal meer in die volgende hoofstuk leer.

“Die een wat mense geskep het, [het] hulle van die begin af man en vrou gemaak.”​—⁠Matteus 19:4