Genesis 2:1-25

  • God rus op sewende dag (1-3)

  • Jehovah God, Maker van hemel en aarde (4)

  • Man en vrou in tuin van Eden (5-25)

    • Mens uit stof gemaak (7)

    • Verbode boom van kennis (15-17)

    • Vrou geskep (18-25)

2  So is die hemel en die aarde en alles daarin* voltooi.+  En teen die sewende dag het God sy werk voltooi, en hy het op die sewende dag begin rus van al die werk wat hy gedoen het.+  En God het die sewende dag geseën en dit heilig verklaar, want op hierdie dag het God gerus van al sy skeppingswerk, alles wat hy besluit het om te maak.  Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde in die tyd toe hulle geskep is, in die dag toe Jehovah* God die aarde en die hemel gemaak het.+  Daar was nog geen plante in die veld nie. Geen plante het nog op die aarde uitgespruit nie, want Jehovah God het dit nie op die aarde laat reën nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.  Maar ’n mis het van die aarde af opgegaan, en dit het die hele oppervlak van die aarde natgemaak.  En Jehovah God het die mens uit die stof+ van die aarde gemaak en die asem van die lewe+ in sy neusgate geblaas, en die mens het ’n lewende persoon* geword.+  Verder het Jehovah God ’n tuin in Eden+ geplant, in die ooste, en daar het hy die mens geplaas wat hy gemaak het.+  So het Jehovah God allerhande bome uit die grond laat groei wat mooi is om na te kyk en wat goed is vir voedsel, en ook die boom van die lewe+ in die middel van die tuin, sowel as die boom van die kennis van wat goed en wat sleg is.+ 10  En daar was ’n rivier wat uit Eden gevloei het om die tuin van water te voorsien, en van daar af het dit in vier riviere verdeel. 11  Die naam van die eerste rivier is Pison. Dit is die rivier wat om die hele land Haʹwila loop, waar daar goud is. 12  Die goud van daardie land is goed, en daar is ook balsemgom en oniks. 13  Die naam van die tweede rivier is Gihon. Dit is die rivier wat om die hele land Kus loop. 14  Die naam van die derde rivier is Hiddeʹkel.*+ Dit is die rivier wat oos van Assiʹrië+ loop. En die vierde rivier is die Eufraatrivier.+ 15  Jehovah God het die mens geneem en hom in die tuin van Eden laat woon om dit te bewerk en daarvoor te sorg.+ 16  Jehovah God het ook aan die mens hierdie bevel gegee: “Jy mag van al die bome van die tuin eet totdat jy versadig is.+ 17  Maar jy mag nie eet van die boom van die kennis van wat goed en wat sleg is nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy beslis sterf.”+ 18  Toe het Jehovah God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek gaan vir hom ’n helper maak, ’n maat wat by hom pas.”*+ 19  En Jehovah God het al die wilde diere van die veld en al die vlieënde diere van die hemel uit die grond gevorm, en hy het hulle na die mens toe begin bring om te sien wat hy elkeen sou noem. En wat die mens elke lewende dier* ook al genoem het, dit het sy naam geword.+ 20  So het die mens dan name gegee aan al die mak diere, die vlieënde diere van die hemel en al die wilde diere van die veld, maar vir die mens was daar geen helper, geen maat wat by hom pas* nie. 21  Daarom het Jehovah God die mens baie diep laat slaap, en terwyl hy geslaap het, het hy een van sy ribbebene geneem en toe die vlees oor die plek daarvan toegemaak. 22  En Jehovah God het van die ribbebeen wat hy uit die man geneem het, ’n vrou gemaak en haar na die man toe gebring.+ 23  Toe het die man gesê: “Dit is uiteindelik been van my gebeenteen vlees van my vlees. Sy sal ‘vrou’* genoem word,want sy is uit die man geneem.”+ 24  Daarom sal ’n man sy pa en sy ma verlaat, en hy sal sy vrou aankleef,* en hulle sal een vlees word.+ 25  En hulle was albei kaal,+ die man en sy vrou, en tog was hulle nie skaam nie.

Voetnote

Lett. “en hulle hele leërmag”.
Die eerste keer dat God se unieke persoonlike naam, יהוה (JHWH), voorkom. Sien Aanh. A4.
Of “siel”. Hebreeus: neʹfesj. Beteken letterlik “’n wese wat asemhaal”. Sien Woordelys.
Of “Tigris”.
Of “’n komplement van hom”.
Of “siel”.
Of “geen helper as ’n komplement van hom”.
Lett. “mannin”.
Of “hy sal by sy vrou bly”.