Aan die Galasiërs 6:1-18

  • Dra mekaar se laste (1-10)

    • Wat gesaai word, sal geoes word (7, 8)

  • Besnydenis beteken niks nie (11-16)

    • Nuwe skepping (15)

  • Slot (17, 18)

6  Broers, selfs al begin iemand ’n verkeerde rigting inslaan voordat hy daarvan bewus is, moet julle wat geestelik volwasse is,* so iemand op ’n sagmoedige manier+ probeer reghelp. Maar wees versigtig+ dat julle nie ook in die versoeking kom nie.+  Hou aan om mekaar se laste te dra,+ en so sal julle die wet van die Christus vervul.+  Want as iemand dink dat hy iets is terwyl hy niks is nie,+ bedrieg hy homself.  Maar laat elkeen sy eie dade ondersoek,+ en dan sal hy ’n rede hê om bly te wees oor wat hy self doen en nie omdat hy homself met ander vergelyk nie.+  Want elkeen sal sy eie vrag* dra.+  Wat meer is, almal wat in die woord onderrig* word, moet alle goeie dinge deel met die een wat hulle onderrig.*+  Moenie mislei word nie: God laat hom nie bespot nie. Want wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes.+  Die een wat met die oog op sy vlees saai, sal vernietiging uit sy vlees oes, maar die een wat met die oog op die gees saai, sal ewige lewe uit die gees oes.+  Laat ons dus nie ophou om te doen wat goed is nie, want op die regte tyd sal ons oes as ons nie moeg word* nie.+ 10  Laat ons dan, solank ons die geleentheid* het, goed doen aan almal, maar veral aan ons medegelowiges.* 11  Kyk met watter groot letters skryf ek met my eie hand aan julle. 12  Almal wat deur die uiterlike* ’n goeie indruk wil maak, probeer julle dwing om besny te word. Hulle doen dit net sodat hulle nie ter wille van die folterpaal* van die Christus vervolg sal word nie. 13  Want selfs dié wat besny word, bly nie gehoorsaam aan die Wet nie,+ maar hulle wil hê dat julle besny moet word sodat hulle ’n rede kan hê om oor julle* te spog. 14  Maar ek hoop dat ek nooit sal spog nie, behalwe oor die folterpaal* van ons Here Jesus Christus.+ Deur hom is die wêreld dood* vir my, en ek vir die wêreld. 15  Want om besny of nie besny te wees nie, beteken niks nie,+ maar om ’n nuwe skepping te wees, beteken wel iets.+ 16  En mag daar vrede en genade rus op almal wat ordelik volgens hierdie beginsel lewe, ja, op die Israel van God.+ 17  Van nou af moet niemand dit vir my moeilik maak nie, want ek het die brandmerke van ’n slaaf van Jesus aan my liggaam.+ 18  Broers, mag die onverdiende goedheid van ons Here Jesus Christus wees met die gees wat julle openbaar. Amen.

Voetnote

Of “wat geestelike kwalifikasies het”.
Of “vrag van verantwoordelikheid”.
Of “mondeling onderrig”.
Of “mondeling onderrig”.
Of “opgee”.
Lett. “vasgestelde tyd”.
Of “dié wat in die geloof aan ons verwant is”.
Lett. “die vlees”.
Lett. “julle vlees”.
Of “aan die paal gehang”.