Aan die Filippense 1:1-30

  • Groete (1, 2)

  • Dank aan God; Paulus se gebed (3-11)

  • Goeie nuus versprei ondanks probleme (12-20)

  • ‘Lewe vir Christus, sterf tot my voordeel’ (21-26)

  • Gedrag wat die goeie nuus waardig is (27-30)

1  Van Paulus en Timoʹteus, slawe van Christus Jesus. Aan al die heiliges in eenheid met Christus Jesus wat in Filipʹpi+ is, saam met die opsieners en bedieningsknegte:+  Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.  Ek dank my God altyd wanneer ek aan julle dink.  In al my smeekgebede vir julle dank ek hom met vreugde+  omdat julle van die eerste dag af tot nou toe bygedra het tot* die bevordering van die goeie nuus.  Ek het die vaste vertroue dat die een wat ’n goeie werk onder julle begin het, dit sal bly doen totdat dit op die dag van Jesus Christus+ voltooi is.+  Dit is net reg dat ek so oor julle almal voel omdat ek julle in my hart dra. Julle het saam met my in die onverdiende goedheid gedeel toe ek in die tronk was+ en toe ons die goeie nuus verdedig en wetlik bevestig het.+  Want God is my getuie van hoe ek na julle almal verlang met dieselfde soort liefde as wat Christus Jesus het.  En ek bly bid dat julle liefde al hoe meer sal toeneem+ met akkurate kennis+ en goeie oordeel*+ 10  en dat julle seker kan maak van die belangriker dinge.+ Dan sal julle tot op die dag van Christus opreg kan wees en ander nie laat struikel nie.+ 11  Ek bid ook dat julle deur Jesus Christus al hoe meer regverdige werke kan doen,+ tot lof en eer van God. 12  Ek wil hê dat julle moet weet, broers, dat my situasie in werklikheid bygedra het tot die verspreiding van die goeie nuus, 13  want dit het onder die hele pretoriaanse wag en al die ander bekend geword+ dat ek ’n gevangene+ is ter wille van Christus. 14  Die meeste van die broers in die Here het meer vertroue gekry omdat ek ’n gevangene is, en hulle het al hoe meer moed om die woord van God sonder vrees te verkondig. 15  Dit is waar dat party die Christus verkondig omdat hulle jaloers is en daarvan hou om te stry, maar ander het goeie motiewe. 16  Die laasgenoemdes verkondig die Christus uit liefde, want hulle weet dat ek aangestel is om die goeie nuus te verdedig,+ 17  maar die eersgenoemdes doen dit omdat hulle selfsugtig is en nie goeie motiewe het nie, want hulle wil vir my, wat ’n gevangene is, probleme veroorsaak. 18  Wat is die gevolg? Net dat Christus op elke manier verkondig word, of dit nou met goeie motiewe is of nie, en ek is bly hieroor. Om die waarheid te sê, ek sal ook aanhou om bly te wees, 19  want ek weet dat dit tot my redding sal lei as gevolg van julle smeekgebede+ en die ondersteuning van die gees van Jesus Christus.+ 20  Ek het die vertroue en die hoop dat ek my vir niks sal hoef te skaam nie, maar dat Christus nou, net soos voorheen, met alle vrymoedigheid van spraak deur my* geëer sal word, of ek nou bly lewe of sterf.+ 21  Want as ek lewe, lewe ek vir Christus,+ en as ek sterf, is dit tot my voordeel.+ 22  As ek verder in hierdie liggaam* moet lewe, sal ek meer vir die Christus kan doen,* maar ek maak nie bekend wat ek sal kies nie. 23  Dit voel asof ek in twee verdeel is, want ek wil graag bevry word en saam met Christus wees,+ want dit is beslis baie beter.+ 24  Maar vir julle beswil is dit vir my beter om in hierdie liggaam* te bly. 25  Omdat ek hierdie vertroue het, weet ek dat ek sal bly lewe en by julle almal sal bly sodat julle vooruitgang kan maak en vreugde in die geloof kan hê. 26  Dan sal julle kan oorloop van vreugde in Christus Jesus wanneer ek weer by julle is. 27  Gedra julle net* op ’n manier wat die goeie nuus oor die Christus waardig is.+ Of ek julle kom besoek of nie, ek sal graag wil hoor dat julle vasstaan in een gees, met een siel,*+ terwyl julle sy aan sy hard werk om geloof in die goeie nuus te behou 28  en dat julle glad nie deur julle teenstanders bang gemaak word nie. Dit is vir hulle ’n bewys dat hulle vernietig sal word,+ maar vir julle dat julle gered sal word.+ Dit kom van God af. 29  Want julle het die voorreg ontvang om nie net geloof in Christus te stel nie, maar ook om vir hom te ly.+ 30  Want julle het dieselfde stryd wat julle in my geval gesien het,+ en soos julle gehoor het, het ek nog steeds hierdie stryd.

Voetnote

Of “’n deelname gehad het aan”.
Of “volle onderskeidingsvermoë”.
Lett. “in my liggaam”.
Lett. “die vlees”.
Lett. “is dit ’n vrug van my werk”.
Lett. “die vlees”.
Of “Gedra julle net soos burgers”.
Of “soos een man”.