Prediker 7:1-29

  • Goeie naam en sterfdag (1-4)

  • Wyse man se teregwysing (5-7)

  • Uiteinde beter as begin (8-10)

  • Voordeel van wysheid (11, 12)

  • Goeie dae en slegte dae (13-15)

  • Vermy uiterstes (16-22)

  • Opmerkings van byeenbringer (23-29)

7  ’n Goeie naam* is beter as goeie olie,+ en die sterfdag is beter as die geboortedag.  Dit is beter om na ’n huis te gaan waar daar getreur word as na ’n huis waar daar feesgevier word,+ want dit is die uiteinde van elke mens, en die lewendes moet dit in gedagte hou.  Hartseer is beter as gelag,+ want ’n droewige gesig laat die hart beter word.+  Die hart van die wyses is in die huis waar daar getreur word, maar die hart van die dwase is in die huis van blydskap.*+  Dit is beter om na die teregwysing van ’n wyse man te luister+ as om na die lied van dwase mense te luister.  Want soos die geluid van doringtakkies wat onder die pot brand, so is die gelag van die dwaas,+ en dit is ook nutteloos.  Maar onderdrukking kan ’n wyse persoon dwaas laat optree, en ’n omkoopgeskenk laat die hart sleg word.+  Die uiteinde van ’n saak is beter as sy begin. Dit is beter om geduldig te wees as om hoogmoedig te wees.+  Moenie gou aanstoot neem nie,+ want dit is ’n dwaas wat aanstoot neem.*+ 10  Moenie vra: “Hoekom was die vroeëre dae beter as hierdie dae?” nie, want dit is nie uit wysheid dat jy dit vra nie.+ 11  Wysheid met ’n erfdeel daarby is goed en is voordelig vir dié wat op die aarde lewe.* 12  Want wysheid is ’n beskerming+ net soos geld ’n beskerming is,+ maar die voordeel van kennis is: Wysheid bewaar die lewe van dié wat dit besit.+ 13  Kyk na die werk van die ware God, want wie kan reguit maak wat hy krom gemaak het?+ 14  Op ’n goeie dag, moet jy goedheid weerspieël,+ maar op ’n dag van rampspoed moet jy daaraan dink dat God albei gemaak het,+ sodat mense nie kan weet* wat in die toekoms met hulle sal gebeur nie.+ 15  Gedurende my kort* lewe+ het ek alles gesien – van die regverdige wat ten spyte van sy regverdigheid sterf+ tot die goddelose wat ten spyte van sy slegtheid lank lewe.+ 16  Moenie alte regverdig wees nie,+ en moenie maak of jy baie wys is nie.+ Waarom moet jy rampspoed oor jouself bring?+ 17  Moenie alte goddeloos wees nie, en moet ook nie dwaas wees nie.+ Waarom moet jy voor jou tyd sterf?+ 18  Dit is beter om na die een waarskuwing te luister sonder om die ander een te ignoreer,+ want die een wat God vrees, sal na albei luister. 19  Wysheid maak ’n wyse man magtiger as tien sterk manne in ’n stad.+ 20  Want daar is geen regverdige mens op die aarde wat altyd doen wat goed is en nooit sondig nie.+ 21  Moet jou ook nie steur aan elke woord wat mense sê nie,+ anders hoor jy dalk hoe jou kneg jou vervloek. 22  Want in jou hart weet jy goed dat jy self al baie kere ander vervloek het.+ 23  Ek het dit alles met behulp van wysheid getoets, en ek het gesê: “Ek sal wys word.” Maar ek kon dit nie regkry nie. 24  Alles wat bestaan, is onbereikbaar en baie diep. Wie kan dit verstaan?+ 25  Ek het my daarop toegelê om wysheid en die rede vir dinge te leer ken, na te vors en te ondersoek, en om te verstaan hoe goddeloos dwaasheid is en hoe dwaas malligheid is.+ 26  Toe het ek dít uitgevind: Die vrou wat soos ’n jagter se net is, wie se hart soos sleepnette is en wie se hande soos boeie is, is bitterder as die dood. Die een wat God se goedkeuring het, sal nie deur haar gevang word nie,+ maar die sondaar word wel deur haar gevang.+ 27  “Kyk! Dít is wat ek gevind het,” sê die byeenbringer.+ “Ek het die een ding ná die ander ondersoek om tot ’n slotsom te kom, 28  maar wat ek heeltyd gesoek het, het ek nie gevind nie. Onder ’n duisend mense het ek een man* gevind, maar ek het nie ’n vrou onder hulle gevind nie. 29  Dít is al wat ek gevind het: Die ware God het die mensdom goed gemaak,+ maar hulle het baie planne uitgedink.”+

Voetnote

Of “’n Goeie reputasie”. Lett. “’n Naam”.
Of “plesier”.
Of moontlik “om aanstoot te neem, is kenmerkend van ’n dwaas”.
Lett. “dié wat die son sien”.
Of “uitvind”.
Of “nuttelose”.
Of “regskape man”.