Psalms 119:1-176

  • Waardering vir God se kosbare woord

    • ‘Hoe kan jongmense hulle pad rein hou?’ (9)

    • “Ek is lief vir u herinneringe” (24)

    • “U woord is my hoop” (74, 81, 114)

    • “Hoe lief is ek tog vir u wet!” (97)

    • “Meer insig as al my onderrigters” (99)

    • “U woord is ’n lamp vir my voet” (105)

    • ‘Inhoud van u woord is waarheid’ (160)

    • Vrede vir dié wat God se wet liefhet (165)

א [Alef] 119  Gelukkig is dié wie se weg rein is,*wat die wet van Jehovah volg.+   Gelukkig is dié wat aandag skenk aan sy herinneringe,+wat hom met hulle hele hart soek.+   Hulle beoefen nie onregverdigheid nie. Hulle volg sy weë.+   U het die opdrag gegeedat u bevele streng gehoorsaam moet word.+   As ek maar net standvastig kon bly,*+sodat ek u wetsvoorskrifte kon gehoorsaam!   Dan sal ek nie verneder word+wanneer ek aan al u gebooie aandag skenk nie.   Ek sal u met ’n opregte hart pryswanneer ek van u regverdige oordele leer.   Ek sal u wetsvoorskrifte gehoorsaam. Mag u my nooit heeltemal verlaat nie. ב [Bet]   Hoe kan ’n jong man sy pad rein hou? Deur volgens u woord te lewe.+ 10  Ek wil u met my hele hart dien.* Moenie my van u gebooie laat afdwaal nie.+ 11  In my hart bewaar ek u woord as ’n skat,+sodat ek nie teen u sal sondig nie.+ 12  Mag u geloof word, o Jehovah. Leer my u wetsvoorskrifte. 13  Met my lippe verkondig ekal u oordele. 14  Ek vind meer vreugde in u herinneringe+as in alle ander waardevolle dinge.+ 15  Ek sal oor u bevele nadink*+en my oë op u paaie gerig hou.+ 16  Ek is lief vir u wetsbepalings. Ek sal u woord nie vergeet nie.+ ג [Gimel] 17  Wees genadig teenoor u kneg,sodat ek kan lewe en u woord kan gehoorsaam.+ 18  Maak my oë oop sodat ek duidelik kan sienhoe wonderlik u wet is. 19  Ek is maar net ’n uitlander in die land.+ Moenie u gebooie vir my wegsteek nie. 20  Ek word verteeromdat ek so baie na u oordele verlang. 21  U bestraf die vermeteles,*die vervloektes wat van u gebooie afdwaal.+ 22  Moenie toelaat dat hulle my bespot of sonder respek behandel nie,*want ek het aandag geskenk aan u herinneringe. 23  Selfs wanneer magtiges bymekaar sit en teen my praat,dink u kneg na oor* u wetsvoorskrifte. 24  Ek is lief vir u herinneringe.+ Hulle is my raadgewers.+ ד [Dalet] 25  Ek lê in die stof.+ Bewaar my lewe, soos u belowe het.+ 26  Ek het u van my weë vertel, en u het my geantwoord. Leer my u wetsvoorskrifte.+ 27  Laat my die betekenis* van u bevele verstaan,sodat ek oor u wonderlike werke kan nadink.*+ 28  Ek kon nie slaap nie as gevolg van droefheid. Versterk my, soos u belowe het. 29  Hou my ver weg van die pad van bedrieglikheid,+en wees goed vir my deur my u wet te leer. 30  Ek het die weg van getrouheid gekies.+ Ek weet dat u oordele reg is. 31  Ek hou vas aan u herinneringe.+ O Jehovah, moenie toelaat dat ek teleurgestel word* nie.+ 32  Ek sal die weg van u gebooie gretig volg,want u maak plek daarvoor in my hart.* ה [He] 33  O Jehovah, leer my+ die weg van u wetsvoorskrifte,dan sal ek dit tot die einde toe volg.+ 34  Gee my insig,sodat ek u wet kan gehoorsaamen dit met my hele hart kan gehoorsaam. 35  Lei my* op die pad van u gebooie,+want ek vind vreugde daarin. 36  Beweeg my hart om lief te wees vir u herinneringe,en nie vir selfsugtige wins nie.+ 37  Help my om nie na waardelose dinge te kyk nie.+ Hou my op u weg sodat ek kan bly lewe. 38  Kom u belofte* aan u kneg na,sodat u gevrees kan word.* 39  Hou die skande wat ek vrees, ver van my af,want u oordele is goed.+ 40  Kyk hoe ek na u bevele verlang. Bewaar my lewe, want u is regverdig. ו [Waw] 41  Mag ek u lojale liefde ondervind, o Jehovah,+u redding, soos u belowe het.*+ 42  Dan sal ek die een antwoord wat my uittart,want ek vertrou op u woord. 43  Moet nooit die woord van waarheid uit my mond wegneem nie,want ek het op u oordeel gehoop.* 44  Ek sal altyd volgens u wet lewe,vir ewig en altyd.+ 45  Ek sal in ’n plek van veiligheid* rondloop,+want ek soek na u bevele. 46  Ek sal voor konings oor u herinneringe praat,en ek sal nie skaam wees nie.+ 47  Ek vind vreugde in u gebooie,ja, ek is lief vir hulle.+ 48  Ek sal my hande oplig na u gebooie, waarvoor ek lief is,+en ek sal nadink oor u wetsvoorskrifte.*+ ז [Zajin] 49  Dink aan u belofte* aan u kneg,waardeur u my hoop gee.* 50  Dit vertroos my wanneer ek swaarkry,+want u woord het my lewe bewaar. 51  Die vermeteles* spot my verskriklik,maar ek dwaal nie van u wet af nie.+ 52  Ek dink aan u oordele van lank gelede,+ o Jehovah,en ek vind vertroosting daarin.+ 53  Ek is baie kwaad as gevolg van die goddeloseswat u wet verlaat.+ 54  U wetsvoorskrifte is liedere vir mywaar ek ook al woon.* 55  Gedurende die nag dink ek aan u naam, o Jehovah,+sodat ek u wet kan gehoorsaam. 56  Dit was nog altyd my gewoonteomdat ek u bevele gehoorsaam het. ח [Get] 57  Jehovah is my deel.+ Ek het belowe om u woorde te gehoorsaam.+ 58  Ek smeek u* met my hele hart:+ wees genadig teenoor my,+ soos u belowe het.* 59  Ek het my weë ondersoeksodat my voete weer u herinneringe kan volg.+ 60  Ek tree vinnig op en huiwer nieom u gebooie te gehoorsaam nie.+ 61  Die toue van die goddeloses was om my,maar ek vergeet nie u wet nie.+ 62  Om middernag staan ek op om u te dank+vir u regverdige oordele. 63  Ek is ’n vriend van almal wat u vreesen van dié wat u bevele gehoorsaam.+ 64  U lojale liefde vul die aarde, o Jehovah.+ Leer my u wetsvoorskrifte. ט [Tet] 65  U was goed vir u kneg,o Jehovah, soos u belowe het. 66  Gee my goeie oordeel en kennis,+want ek het op u gebooie vertrou. 67  Voordat ek swaargekry het, het ek soms afgedwaal,*maar nou is ek gehoorsaam aan u woord.+ 68  U is goed,+ en u werke is goed. Leer my u wetsvoorskrifte.+ 69  Die vermeteles* versprei leuens oor my,maar ek gehoorsaam u bevele met my hele hart. 70  Hulle hart is ongevoelig,*+maar ek is lief vir u wet.+ 71  Dit is goed dat ek swaargekry het,+want so kon ek u wetsvoorskrifte leer. 72  Die wet van u mond is goed vir my,+beter as duisende stukke goud en silwer.+ י [Jod] 73  U hande het my gemaak en gevorm. Gee my insig,sodat ek u gebooie kan leer.+ 74  Dié wat u vrees, sien my en word bly,want u woord is my hoop.*+ 75  O Jehovah, ek weet dat u oordele regverdig is+en dat u my gedissiplineer het omdat u getrou is.+ 76  Vertroos my asseblief met u lojale liefde,+soos u vir u kneg belowe het.* 77  Betoon genade aan my, sodat ek kan bly lewe,+want ek is lief vir u wet.+ 78  Laat die vermeteles* verneder word,want hulle behandel my onregverdig sonder rede.* Maar ek sal oor u bevele nadink.*+ 79  Laat dié wat u vrees, na my toe terugkeer,dié wat u herinneringe ken. 80  Mag ek u wetsvoorskrifte met my hele hart volg,+sodat ek nie verneder word nie.+ כ [Kaf] 81  Ek smag na u redding,+want u woord is my hoop.* 82  My oë smag na u woord+terwyl ek vra: “Wanneer sal u my vertroos?”+ 83  Want ek is soos ’n leersak wat in die rook uitgedroog het,maar ek vergeet nie u wetsvoorskrifte nie.+ 84  Hoeveel dae moet u kneg wag? Wanneer sal u my vervolgers oordeel en straf?+ 85  Die vermeteles* grawe putte vir my,dié wat teen u wet is. 86  Al u gebooie is betroubaar. Mense vervolg my sonder rede – help my!+ 87  Hulle het my amper van die aarde af uitgewis,maar ek het nie u bevele verlaat nie. 88  Bewaar my lewe as gevolg van u lojale liefde,sodat ek kan aandag skenk aan die herinneringe uit u mond. ל [Lamed] 89  O Jehovah, u woord bestaan vir ewig,so lank as wat die hemel sal bestaan.+ 90  U getrouheid is van geslag tot geslag.+ U het die aarde stewig gevestig, sodat dit kan bly staan.+ 91  Danksy u oordele bestaan hulle* vandag nog,want hulle almal is u knegte. 92  As ek nie lief was vir u wet nie,sou ek in my ellende gesterf het.+ 93  Ek sal u bevele nooit vergeet nie,want daardeur het u my lewe bewaar.+ 94  Ek behoort aan u – red my,+want ek het na u bevele gesoek.+ 95  Die goddeloses lê en wag om my dood te maak,maar ek skenk noukeurig aandag aan u herinneringe. 96  Ek het gesien dat alle volmaaktheid perke het,maar u gebod het geen perke nie.* מ [Mem] 97  Hoe lief is ek tog vir u wet!+ Die hele dag lank dink ek daaroor na.*+ 98  U gebod maak my wyser as my vyande+omdat dit altyd by my is. 99  Ek het meer insig as al my onderrigters+omdat ek oor u herinneringe nadink.* 100  Ek tree verstandiger op as ouer mansomdat ek u bevele gehoorsaam. 101  Ek weier om op enige slegte pad te loop,+sodat ek u woord kan gehoorsaam. 102  Ek dwaal nie van u oordele af nie,want u het my onderrig. 103  Hoe soet is u woorde vir my verhemelte,soeter as heuning vir my mond!+ 104  Danksy u bevele tree ek verstandig op.+ Daarom haat ek elke valse pad.+ נ [Noen] 105  U woord is ’n lamp vir my voeten ’n lig vir my pad.+ 106  Ek het ’n eed gesweer – en ek sal dit nakom –om u regverdige oordele te gehoorsaam. 107  Ek het baie swaargekry.+ O Jehovah, bewaar my lewe, soos u belowe het.+ 108  Aanvaar asseblief my vrywillige lofoffers,*+ o Jehovah,en leer my u oordele.+ 109  My lewe is heeltyd in gevaar,*maar ek het nie u wet vergeet nie.+ 110  Die goddeloses het vir my ’n strik gestel,maar ek het nie van u bevele afgedwaal nie.+ 111  Ek neem u herinneringe as my permanente besitting,*want hulle is die vreugde van my hart.+ 112  Ek is vasbeslote* om u wetsvoorskrifte te gehoorsaam,te alle tye, tot die einde toe. ס [Samek] 113  Ek haat halfhartige mense,*+maar ek is lief vir u wet.+ 114  U is my skuilplek en my skild,+want u woord is my hoop.*+ 115  Bly weg van my af, julle goddeloses,+sodat ek die gebooie van my God kan gehoorsaam. 116  Ondersteun my, soos u belowe het,*+sodat ek kan bly lewe. Moenie toelaat dat my hoop in teleurstelling* verander nie.+ 117  Ondersteun my sodat ek gered kan word,+en dan sal ek altyd my aandag vestig op u wetsvoorskrifte.+ 118  U verwerp almal wat van u wetsvoorskrifte afdwaal,+want hulle is vals en bedrieglik. 119  U verwerp al die goddeloses van die aarde asof hulle waardelose skuim is.+ Daarom is ek lief vir u herinneringe. 120  Die vrees vir u laat my liggaam* bewe. Ek vrees u oordele. ע [Ajin] 121  Ek het gedoen wat reg en regverdig is. Moet my nie oorlewer aan my onderdrukkers nie! 122  Waarborg dat dit goed sal gaan met u kneg. Moenie toelaat dat die vermeteles* my onderdruk nie. 123  My oë het swak geword terwyl ek wag vir u redding+en vir u regverdige belofte.*+ 124  Betoon u lojale liefde aan u kneg,+en leer my u wetsvoorskrifte.+ 125  Ek is u kneg. Gee my insig,+sodat ek u herinneringe kan ken. 126  Die tyd het aangebreek vir Jehovah om op te tree,+want hulle het u wet verbreek. 127  Daarom het ek u gebooie meer liefas goud, selfs suiwer* goud.+ 128  Daarom beskou ek elke instruksie* van u af as reg,+en ek haat elke valse pad.+ פ [Pe] 129  U herinneringe is wonderlik. Daarom gehoorsaam ek hulle. 130  Wanneer u woorde openbaar word, bring dit lig,+en dit gee insig aan die onervarenes.+ 131  Ek maak my mond oop en sug,*want ek verlang na u gebooie.+ 132  Skenk aandag aan my en gee my u goedkeuring,+soos u besluit het in verband met* dié wat u naam liefhet.+ 133  Rig my voetstappe in veiligheid* deur middel van u woord. Laat niks wat sleg is my oorheers nie.+ 134  Red* my van mense wat my wil onderdruk,en ek sal u bevele gehoorsaam. 135  Betoon goedheid aan* u kneg,+en leer my u wetsvoorskrifte. 136  Trane stroom by my oë uitomdat mense nie u wet gehoorsaam nie.+ צ [Tsade] 137  U is regverdig, o Jehovah,+en u oordele is reg.+ 138  Die herinneringe wat u gee, is regverdigen heeltemal betroubaar. 139  My ywer verteer my+omdat my vyande u woorde vergeet het. 140  U woord is deeglik gesuiwer,+en u kneg is lief daarvoor.+ 141  Ek is onbelangrik, en daar word op my neergesien,+maar ek het nie u bevele vergeet nie. 142  U regverdigheid is ’n ewige regverdigheid,+en u wet is waarheid.+ 143  Al kry ek swaar en al ondervind ek moeilike tye,bly ek lief vir u gebooie. 144  U herinneringe is vir ewig regverdig. Gee my insig,+ sodat ek kan bly lewe. ק [Kof] 145  Ek roep met my hele hart. Antwoord my, o Jehovah. Ek sal u wetsvoorskrifte gehoorsaam. 146  Ek roep tot u – red my! Ek sal aandag skenk aan u herinneringe. 147  Ek is voor dagbreek* wakker sodat ek om hulp kan roep,+want u woorde is my hoop.* 148  Ek maak my oë oop in die middel van die nag,*sodat ek oor u woord kan nadink.*+ 149  Luister tog na my stem as gevolg van u lojale liefde.+ O Jehovah, bewaar my lewe, want u is regverdig. 150  Dié wat hulle aan skandelike* gedrag skuldig maak, kom nader. Hulle is ver van u wet af. 151  U is naby, o Jehovah,+en al u gebooie is waarheid.+ 152  Lank gelede het ek van u herinneringe geleer,dat u hulle ingestel het om vir ewig te duur.+ ר [Resj] 153  Kyk tog hoe swaar kry ek, en red my,+want ek het u wet nie vergeet nie. 154  Verdedig my* en red my.+ Bewaar my lewe, soos u belowe het.* 155  Redding is ver van die goddeloses af,want hulle het nie u wetsvoorskrifte gesoek nie.+ 156  U genade is groot, o Jehovah.+ Bewaar my lewe, want u is regverdig. 157  Ek het baie vervolgers en vyande,+maar ek het nie van u herinneringe afgedwaal nie. 158  Die bedrieglikes is vir my walglik,want hulle gehoorsaam nie u woord nie.+ 159  Kyk hoe lief is ek vir u bevele! O Jehovah, bewaar my lewe as gevolg van u lojale liefde.+ 160  Die hele inhoud van u woord is waarheid,+en al u regverdige oordele duur vir ewig. ש [Sin of Sjin] 161  Magtiges vervolg my+ sonder rede,maar my hart is vol ontsag vir u woorde.+ 162  Ek vind vreugde in u woord,+soos iemand wat ’n groot skat vind. 163  Ek haat leuens – dit is vir my walglik+ek is lief vir u wet.+ 164  Sewe keer per dag loof ek uas gevolg van u regverdige oordele. 165  Oorvloedige vrede behoort aan dié wat u wet liefhet.+ Niks kan hulle laat struikel nie.* 166  Ek vestig my hoop op u reddingsdade, o Jehovah,en ek gehoorsaam u gebooie. 167  Ek skenk aandag aan u herinneringe,en ek is baie lief vir hulle.+ 168  Ek skenk aandag aan u bevele en u herinneringe,want u is bewus van alles wat ek doen.+ ת [Taw] 169  Laat my hulpgeroep u bereik, o Jehovah.+ Laat my verstaan deur middel van u woord.+ 170  Luister na my smeekgebed. Red my, soos u belowe het.* 171  Laat my lippe oorloop van lof vir u,+want u leer my u wetsvoorskrifte. 172  Laat my tong van u woord sing,+want al u gebooie is regverdig. 173  Mag u hand gereed wees om my te help,+want ek kies om u bevele te gehoorsaam.+ 174  Ek verlang na u redding, o Jehovah,en ek is lief vir u wet.+ 175  Laat my lewe sodat ek u kan loof.+ Mag u oordele my help. 176  Ek het soos ’n verlore skaap afgedwaal.+ Soek na u kneg,want ek het nie u gebooie vergeet nie.+

Voetnote

Of “wat hulle onkreukbaarheid behou”. Sien Woordelys.
Lett. “Ag, as my weë stewig gevestig was”.
Lett. “soek”.
Of “u bevele bestudeer”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Lett. “Rol bespotting en veragting van my af weg”.
Of “bestudeer u kneg”.
Lett. “weg”.
Of “u wonderlike werke kan bestudeer”.
Of “skaam kry”.
Of moontlik “u laat my hart die vertroue hê”.
Of “Laat my loop”.
Of “woord”.
Of moontlik “wat gemaak is vir dié wat u vrees”.
Of “volgens u woord”.
Of “ek wag vir u oordeel”.
Of “ruim plek”.
Of “u wetsvoorskrifte bestudeer”.
Of “woord”.
Of “waarvoor u my laat wag het”.
Sien Ps 119:21, vtn.
Of “in die huis waarin ek as ’n uitlander woon”.
Of “Ek versag (soek die glimlag van) u aangesig”.
Of “volgens u woord”.
Of “het ek per ongeluk gesondig”.
Sien Ps 119:21, vtn.
Lett. “ongevoelig, soos vet”.
Of “ek wag vir u woord”.
Of “volgens u woord aan u kneg”.
Sien Ps 119:21, vtn.
Of moontlik “met leuens”.
Of “u bevele bestudeer”.
Of “ek wag vir u woord”.
Sien Ps 119:21, vtn.
D.w.s. al sy skeppingswerke.
Lett. “is baie breed”.
Of “bestudeer ek dit”.
Of “u herinneringe bestudeer”.
Lett. “die offers van my mond”.
Of “in my hand”.
Of “ewige erfdeel”.
Lett. “het my hart geneig”.
Of “mense met ’n verdeelde hart”.
Of “ek wag vir u woord”.
Of “volgens u woord”.
Of “skaamte”.
Lett. “vlees”.
Sien Ps 119:21, vtn.
Of “woord”.
Of “gesuiwerde”.
Of “bevel”.
Lett. “hyg”.
Lett. “volgens u regterlike besluit teenoor”.
Of “Maak my voetstappe stewig”.
Lett. “Verlos”.
Of “Glimlag vir”.
Of “in die skemerlig van die oggend”.
Of “ek wag vir u woorde”.
Of “voor die nagwake”.
Of “u woord kan bestudeer”.
Of “afstootlike”.
Of “my regsaak”.
Of “volgens u woord”.
Of “Vir hulle is daar geen struikelblok nie”.
Of “volgens u woord”.