Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE BYBEL SE BESKOUING

Geld

Geld

Is geld die wortel van alle kwaad?

“Die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge.” 1 Timoteus 6:10.

WAT PARTY MENSE SÊ

Geld is die wortel van alle kwaad.

WAT DIE BYBEL SÊ

“Die liefde vir geld”nie geld op sigself nieis die oorsaak van “skadelike dinge”. In die Bybel het die welgestelde koning Salomo van drie skadelike dinge gepraat waarvoor mense wat geld liefhet, dikwels te staan kom. Bekommernis: “Die oorvloed wat aan die ryke behoort, laat hom nie toe om te slaap nie” (Prediker 5:12). Onvergenoegdheid: “Iemand wat silwer liefhet, sal nie genoeg kry van silwer nie, ook nie iemand wat rykdom liefhet, van inkomste nie” (Prediker 5:10). Versoeking om die wet te verbreek: “Hy wat hom haas om rykdom te verwerf, sal nie onskuldig bly nie.”Spreuke 28:20.

 Watter doel dien geld?

“Geld [dien] as ’n beskerming.” Prediker 7:12.

WAT PARTY MENSE SÊ

Geld laat jou veilig en gelukkig voel.

WAT DIE BYBEL SÊ

Die mite dat geld geluk en veiligheid kan koop, maak deel uit van “die bedrieglike krag van rykdom” (Markus 4:19). Maar ons het wel geld nodig om in ons behoeftes te voorsien (Prediker 10:19). Geld kan byvoorbeeld die dinge koop wat ’n mens nodig het om aan die lewe te blysoos voedsel en medisyne.2 Tessalonisense 3:12.

Geld help jou ook om jou gesin te onderhou. Trouens, die Bybel sê: “As iemand vir sy eie mense, en veral vir dié wat lede van sy huisgesin is, nie sorg nie, het hy die geloof verloën.”1 Timoteus 5:8.

Hoe kan jy geld verstandig gebruik?

‘Gaan sit eers en bereken die koste.’ Lukas 14:28.

WAT DIE BYBEL SÊ

Gebruik geld op ’n manier wat God se goedkeuring wegdra (Lukas 16:9). Dit is verstandig om geld op ’n verantwoordelike en eerlike manier te gebruik (Hebreërs 13:18). As jy nie jou lewe wil bemoeilik deur bo jou inkomste te lewe nie, moet jou “lewenswyse vry wees van die liefde vir geld”.Hebreërs 13:5.

Die Bybel sê nie dat dit verkeerd is om skuld te maak nie, maar dit waarsku: “Die lener is ’n kneg van die man wat uitleen” (Spreuke 22:7). Vermy die versoeking om op die ingewing van die oomblik te koop, want “elkeen wat oorhaastig is, stuur gewis op gebrek af” (Spreuke 21:5). Jy kan eerder “iets opsysit . . . na gelang van [jou] voorspoed” en geld spaar vir wat vir jou belangrik is.1 Korintiërs 16:2.

Die Bybel spoor ons aan om ‘altyddeur te gee’ (Lukas 6:38). Mense wat God wil behaag, het goeie rede om vrygewig te wees, want “God het ’n blymoedige gewer lief” (2 Korintiërs 9:7). Moet dus “nie vergeet om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik”.Hebreërs 13:16.