Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Ecuador

In 2007 het Ecuador aangekondig dat hulle die beskerming van ongeveer 10 000 vierkante kilometer van ongerepte Amasonereënwoud sou finansier eerder as om daar vir olie te boor. Hierdie planne is laat vaar omdat daar nie genoeg internasionale finansiële steun vir die bewaringsplan was nie. Hierdie deel van die Amasonereënwoud is een van die gebiede met die grootste biologiese diversiteit in die wêreld.

Japan

Dit is tegnologies moeilik om alle besmette bloedmonsters tydens die toetsproses op te spoor, sê The Japan News. Die berig het gevolg op die nuus dat ’n man in sy 60’s in 2013 MIV deur middel van ’n bloedoortapping opgedoen het. Wanneer geskenkte bloed met MIV besmet is, is daar ’n vensterperiode waartydens die virus nie opgespoor kan word nie.

Zimbabwe

Hoewel Zimbabwe se guerrillagevegte langs die grens van Mosambiek meer as 30 jaar gelede opgehou het, word mense nog steeds deur landmyne vermink en doodgemaak. “Sedert 1980 het landmyne op Zimbabwe se kant van die grens meer as 1 500 mense en 120 000 vee doodgemaak en 2 000 mense vermink”, sê ’n verslag deur die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis.

Australië

Volgens ’n opname stry meer en meer egpare wat uitmekaargaan, oor die toesig van troeteldiere. Wanneer ’n egpaar stry oor hoe om hulle bates te verdeel, volg troeteldiere kort op vaste eiendom, geld en sekere persoonlike besittings.