Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | IS JY IN BEHEER VAN JOU LEWE?

Kan jy beheer hê oor jou lewe?

Kan jy beheer hê oor jou lewe?

DAAR is ’n gesegde wat sê: ’n Mens moet speel met die kaarte wat jy het. Geen mens het die volmaakte omstandighede nie. As jy beheer oor jou lewe wil hê, is die sleutel dikwels om jou omstandighede te aanvaar en om binne die perke daarvan te werk. Dit is goed as jy, ondanks slegte omstandighede, weer ’n mate van beheer oor jou lewe kan kry. Dit is beter as jou omstandighede uiteindelik verander. Maar die beste lê nog voor.

Die Bybel belowe ’n tyd wanneer almal ’n bevredigende mate van beheer oor hulle lewe sal kan hê. Hulle sal hulle volle potensiaal kan bereik omdat daar nie frustrerende omstandighede, daaglikse druk en negatiewe gevoelens sal wees nie (Jesaja 65:21, 22). Die Bybel noem dit “die werklike lewe”.—1 Timoteus 6:19.

“Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet. Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie. Want die dae van my volk sal wees soos die dae van ’n boom; en die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut.”—Jesaja 65:21, 22.