Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die vorm van die skulp

Die vorm van die skulp

DIE skulp van skulpdiertjies stel hulle in staat om onder moeilike omstandighede te lewe en geweldige druk op die seebodem te weerstaan. Hierdie vermoë om hulle so goed te beskerm het ingenieurs geïnspireer om die vorm en struktuur van skulpe te bestudeer. Hulle hoop om voertuie en geboue te ontwerp wat die mense daarin sal beskerm.

Dink hieraan: Ingenieurs het na die vorm van twee soorte skulpe gekyk—oestervormig (met twee kleppe) en skroefvormig (spiraal).

Die riffels op die buitekant van die oestervormige skulp versprei druk na agter en na die kante toe. In teenstelling hiermee versprei die ronde buitekant van ’n skroefvormige skulp druk in die rigting van sy kern en wye opening. In albei gevalle versprei die vorm van die skulpe die druk na hulle sterkste dele. Dit beteken dat die skulpdiertjie redelik veilig is as die skulp dalk beskadig word.

Navorsers het toe toetse gedoen op skulpe en ook op eenvoudige halfmaan- en keëlvormige modelle (wat met driedimensionele drukkers gemaak is) wat skulpe naboots. Die resultate het gewys dat die skulpe se ingewikkelde oppervlakke hulle vermoë om druk te weerstaan amper verdubbel het toe dit met die eenvoudige modelle vergelyk is.

Scientific American lewer kommentaar oor die toepassing van hierdie navorsing en sê: “As jy eendag dalk met ’n skulpvormige kar ry, sal dit nie net stylvol wees nie, maar ook so ontwerp wees dat dit die mense daarin beskerm.”

Wat dink jy? Het die vorm van skulpe deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?