DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Oktober 2014

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 1 tot 28 Desember 2014.

Hulle het hulle gewillig aangebied—In Taiwan

Meer as 100 Getuies van Jehovah het hierheen getrek om te dien waar die behoefte aan Koninkryksverkondigers groot is. Lees omtrent hulle ondervindinge, en vind uit wat hulle wenke vir sukses is.

Behou vaste geloof in die Koninkryk

Jehovah het ’n reeks van ses verbonde gebruik om te waarborg dat sy Koninkryk sy voorneme sal verwesenlik. Hoe kan hierdie verbonde ons help om ons geloof te versterk?

Julle sal “’n koninkryk van priesters” word

Die laaste drie in ’n reeks van ses verbonde kan ons beweeg om op God se Koninkryk te vertrou en die goeie nuus daarvan aan ander te verkondig.

LEWENSVERHAAL

Mylpale in my lewe van Koninkryksdiens

Mildred Olson dien Jehovah al meer as 75 jaar lank, insluitende byna 29 jaar van sendingdiens in El Salvador. Wat help haar om jonk van hart te bly?

Koester jou voorreg om saam met Jehovah te werk!

Wat beweeg diegene wat Jehovah aanbid om die nastrewing van persoonlike belange uit te stel?

“Hou julle verstande gerig op die dinge daar bo”

Waarom sou diegene wat die hoop het om vir ewig op die aarde te lewe, hulle verstande gerig hou op die dinge daar bo? Hoe kan hulle dit doen?