Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Het jy geweet?

Het jy geweet?

Kon die handelaars wat diere in die tempel in Jerusalem verkoop het regtig ‘rowers’ genoem word?

VOLGENS die verslag in Matteus het “Jesus . . . in die tempel ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgedryf en die tafels van die geldwisselaars en die banke van die duiweverkopers omgekeer. En hy het vir hulle gesê: ‘Daar staan geskrywe: “My huis sal ’n huis van gebed genoem word”, maar julle maak dit ’n rowerspelonk.’”—Matt. 21:12, 13.

Volgens Joodse geskiedenisverslae het die handelaars in die tempel diere teen belaglike pryse verkoop. Byvoorbeeld, die Misjna (Keritot 1:7) sê dat twee duiwe op ’n stadium in die eerste eeu ’n goue denarius gekos het. Dit is wat ’n ongeskoolde werker in 25 dae sou verdien het. Arm mense kon duiwe offer, maar duiwe was so duur dat hulle dit nie eers kon bekostig nie (Lev. 1:14; 5:7; 12:6-8). Rabbi Simeon ben Gamaliël was baie verontwaardig hieroor en het die aantal verpligte offerandes verminder. Die prys van twee duiwe het onmiddellik tot ’n honderdste van die vorige prys gedaal.

Jesus was beslis reg toe hy die handelaars by die tempel ‘rowers’ genoem het, want hulle was gierig en het mense uitgebuit.