Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | JY KAN NA AAN GOD WEES

Ken en gebruik jy God se naam?

Ken en gebruik jy God se naam?

Kan jy aan ’n goeie vriend van jou dink wie se naam jy nie ken nie? Waarskynlik nie. ’n Bulgaarse vrou met die naam Irina het tereg gesê: “Dit is nie moontlik om na aan God te kom as jy nie sy naam ken nie.” Gelukkig wil God hê dat jy na aan hom moet kom, soos in die vorige artikel gemeld is. Daarom het hy homself as ’t ware deur middel van die Bybel aan jou voorgestel deur te sê: “Ek is Jehovah. Dit is my naam.”—Jesaja 42:8.

God het homself as ’t ware deur middel van die Bybel aan jou voorgestel deur te sê: “Ek is Jehovah. Dit is my naam.”—Jesaja 42:8

Is dit werklik vir Jehovah belangrik of jy sy naam ken en gebruik? Dink hieraan: God se naam, wat geskryf is met vier Hebreeuse konsonante wat as die Tetragrammaton bekend staan, kom byna 7 000 keer in die oorspronklike teks van die Hebreeuse Geskrifte voor—baie meer as enige ander naam wat in die Bybel gemeld word. Dit is ongetwyfeld ’n bewys dat Jehovah wil hê dat ons sy naam moet ken en gebruik. *

’n Vriendskap begin dikwels wanneer twee mense mekaar se naam leer ken. Ken jy God se naam?

Maar party voel dat dit nie respekvol is om God se naam te gebruik nie, aangesien hy heilig en almagtig is. Dit sal natuurlik verkeerd wees om God se naam op ’n ongepaste manier te gebruik, net soos jy nie die naam van jou boesemvriend sal misbruik nie. Dit is egter Jehovah se wil dat diegene wat hom liefhet, sy naam verheerlik en bekend maak (Psalm 69:30, 31; 96:2, 8). Onthou dat Jesus sy volgelinge leer bid het: “Ons Vader in die hemele, laat u naam geheilig word.” Ons kan help om God se naam te heilig deur dit bekend te maak. Sodoende kom ons nader aan hom.—Matteus 6:9.

Die Bybel toon dat God spesiale aandag skenk aan “dié wat aan sy naam dink”, of moontlik, dit “kosbaar ag” (Maleagi 3:16; voetnoot in NW). Aangaande so iemand belowe Jehovah: “Ek sal hom beskerm omdat hy my naam leer ken het. Hy sal my aanroep, en ek sal hom antwoord. Ek sal met hom wees in benoudheid” (Psalm 91:14, 15). Om Jehovah se naam te ken en te gebruik, is dus belangrik as ons ’n hegte verhouding met hom wil geniet.

^ par. 4 Ongelukkig het baie Bybelvertalings God se naam weggelaat, ondanks die feit dat dit so dikwels voorkom in die Hebreeuse Geskrifte, wat gewoonlik die Ou Testament genoem word. Hulle het die goddelike naam eerder met titels soos “Here” of “God” vervang. Vir meer inligting oor hierdie onderwerp, sien bladsye 195-197 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.