Spring na inhoud

Kan die Bybel my help as ek terneergedruk is?

Kan die Bybel my help as ek terneergedruk is?

Die Bybel se antwoord

 Ja, want die beste hulp kom van “God, wat die terneergedruktes vertroos”.—2 Korintiërs 7:6.

Wat God voorsien om die terneergedruktes te help

  •   Krag. God “vertroos” jou, nie deur al jou probleme te verwyder nie, maar deur jou gebede te verhoor wanneer jy bid vir krag om jou situasie die hoof te bied (Filippense 4:13). Jy kan seker wees dat hy gereed is om na jou te luister, want die Bybel sê: “Jehovah is naby die gebrokenes van hart; en die verbryseldes van gees red hy” (Psalm 34:18). Om die waarheid te sê, God kan jou hulpgeroep hoor selfs al kan jy nie jou gevoelens in woorde uitdruk nie.—Romeine 8:26, 27.

  •   Goeie voorbeelde. ’n Bybelskrywer het tot God gebid: “Uit die dieptes [van my wanhoop] het ek u aangeroep.” Hierdie psalmis het sy terneergedruktheid die hoof gebied deur in gedagte te hou dat God ons nie met skuldgevoelens belas nie. Hy het eerder vir God gesê: “As u op oortredings ag gegee het, o Jah, o Jehovah, wie sou kon bly staan? Want by u is daar ware vergifnis, sodat u gevrees kan word.”—Psalm 130:1, 3, 4, vergelyk die Good News Translation.

  •   Hoop. God voorsien nie net nou vertroosting nie, maar hy belowe ook dat hy al die probleme wat tot terneergedruktheid lei, sal verwyder. Wanneer hy hierdie belofte vervul, sal “die vorige dinge [insluitende terneergedruktheid] nie onthou word nie, en ook sal dit nie in die hart opkom nie.”—Jesaja 65:17.

 Let wel: Jehovah se Getuies erken die hulp wat God voorsien, maar hulle probeer ook mediese behandeling kry vir siektes soos kliniese depressie (Markus 2:17). Ons beveel egter geen spesifieke mediese behandeling aan nie; ons voel dat elkeen sy eie besluit in hierdie verband moet neem.