Spring na inhoud

Is God se naam Jesus?

Is God se naam Jesus?

Die Bybel se antwoord

 Jesus het na homself verwys as “God se Seun” of “die Seun van God” (Johannes 10:36; 11:4). Jesus het homself nooit as God die Almagtige geïdentifiseer nie.

 Wat meer is, Jesus het tot God gebid (Matteus 26:39). En terwyl hy sy volgelinge geleer het hoe om te bid, het Jesus gesê: “Ons Vader in die hemele, laat u naam geheilig word.”—Matteus 6:9.

 Jesus het God se naam geopenbaar toe hy ’n ou Skrifgedeelte aangehaal en gesê het: “Hoor, o Israel, Jehovah ons God is een Jehovah.”—Markus 12:29; Deuteronomium 6:4.