Spring na inhoud

IS DIT ONTWERP?

Die hond se reuksintuig

Die hond se reuksintuig

 Navorsers sê dat honde hulle reuksintuig kan gebruik om die ouderdom, geslag en die bui van ander honde vas te tel. Honde kan selfs gebruik word om bomme en onwettige dwelms op te spoor. Hoewel mense hoofsaaklik hulle oë gebruik om die omgewing te ondersoek, gebruik honde hulle reuksintuig. Hulle “lees” met hulle neus.

 Dink hieraan: ’n Hond se reuksintuig is duisende kere beter as ’n mens s’n. Volgens die Amerikaanse Nasionale Instituut van Standaarde en Tegnologie kan ’n hond “een deel in ’n triljoen saamgestelde dele ruik. Dit is dieselfde as om ’n kwart teelepel suiker te proe wat in ’n Olimpiese-grote swembad opgelos is.”

 Hoekom is ’n hond se reuksintuig soveel beter as ons s’n?

  •   ’n Hond se neus is nat, en daarom is dit makliker vir hom om reukdeeltjies op te tel.

  •   ’n Hond se neus het twee lugweë, een om mee asem te haal en die ander een om mee te ruik. Wanneer ’n hond snuffel, gaan lug na die deel in die neusholte waar die reukreseptors is.

  •   Die deel in ’n hond se neus waar die reuksintuig is, kan soveel as 130 vierkante sentimeter of meer wees. Maar ’n mens s’n is net 5 vierkante sentimeter.

  •   ’n Hond kan tot 50 keer meer reukreseptorselle as ’n mens hê.

 Al hierdie dinge maak dit vir die hond moontlik om die verskillende dele van ’n gekompliseerde reuk te onderskei. Mense kan byvoorbeeld sop ruik, maar volgens party geleerdes kan ’n hond elke bestanddeel in die sop ruik.

 Navorsers by die Pine Street Fonds, ’n instituut vir kankernavorsing, sê dat die hond se brein en neus saamwerk en is “een van die gesofistikeerdste toestelle vir reukopsporing op die aarde”. Wetenskaplikes is besig om elektroniese “neuse” te ontwerp wat bomme, gesmokkelde items en siektes, onder andere kanker, kan opspoor.

 Wat dink jy? Het die hond se reuksintuig deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?