Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die funksie van ’n kat se snor

Die funksie van ’n kat se snor

HUISKATTE is gewoonlik nagdiere. Hulle snor help hulle blykbaar om voorwerpe wat naby is, te identifiseer en om prooi te vang, veral ná sonsondergang.

Dink hieraan: ’n Kat se snor is geheg aan weefsel wat baie senuwee-eindpunte het. Hierdie senuwees is gevoelig vir selfs die kleinste lugbeweging. Gevolglik is katte bewus van voorwerpe wat naby aan hulle is, selfs al kan hulle dit nie sien nie—iets wat natuurlik in die donker nuttig is.

Aangesien ’n kat se snor gevoelig is vir druk, gebruik katte dit om die ligging en beweging van ’n voorwerp of van prooi vas te stel. Hulle snor help hulle ook om die wydte van ’n opening te bepaal voordat hulle daardeur probeer gaan. Die Encyclopædia Britannica erken dat “die funksies van die snor (vibrissae) nie heeltemal verstaan word nie; maar ons weet dat die kat tydelik buite aksie sal wees as sy snor afgeknip word”.

Wetenskaplikes ontwerp robotte met sensors wat soos ’n kat se snor funksioneer om die robotte te help om nie teen voorwerpe te stamp nie. Hierdie sensors, wat e-whiskers genoem word, “kan ’n groot verskeidenheid gebruike hê in gevorderde robotika, hoe mense bevele aan masjiene gee en biologiese toepassings”, sê Ali Javey, ’n wetenskaplike aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley.

Wat dink jy? Het die funksie van ’n kat se snor deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?