Spring na inhoud

Onderwysers in die Filippyne sien die voordele van JW.ORG

Onderwysers in die Filippyne sien die voordele van JW.ORG

In 2016 het Jehovah se Getuies die voorreg gehad om vir ’n groep onderwysers in die provinsie Zamboanga del Norte, Filippyne, te wys wat die opvoedkundige voordele van die video’s en artikels op die webwerf jw.org is. Die Getuies het eers na die provinsie se Departement van Onderwys in die hoofstad, Dipolog, gegaan. Die administrateurs was so beïndruk met jw.org dat hulle die Getuies genooi het om ’n aanbieding van 30 minute by drie seminare te gee vir onderwysers van verskillende munisipaliteite in Zamboanga del Norte.

Wat het die aanbiedings ingesluit?

Die Getuies het verskillende video’s en web-artikels gewys aan sowat 300 onderwysers wat by elke seminaar was. Dié wat die seminare bygewoon het, het veral gehou van die onderwerp “Advies vir diegene met skuld”. Baie van die onderwysers het gevoel dat die aanbieding nie net die studente sal help nie, maar selfs die onderwysers. Almal het die pamflet Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind? geneem wat wys dat jw.org tonne interessante inligting bevat wat mense kan help. Party onderwysers het ook video’s van die webwerf afgelaai.

Die drie aanbiedings was so suksesvol dat die provinsie se Departement van Onderwys gereël het dat daar nog aanbiedings gehou moet word om die sowat 600 voorligting-onderwysers en ander opvoeders te help. Weer eens het baie mense gesê hoeveel hulle die aanbiedings waardeer het.

“Die webwerf help baie”

Party het later verduidelik hoe die aanbiedings en die webwerf hulle gehelp het. Een onderwyser het gesê: “Ek wil baie dankie sê. Ek gebruik die webwerf om my studente te leer.” ’n Ander onderwyser het erken: “Ek het nog baie om te leer, veral wanneer dit kom by hoe om stres te hanteer. Die webwerf help baie, nie net vir jongmense nie, maar ook vir dié wat ouer word.”

Meer as 350 onderwysers wat die aanbiedings oor jw.org bygewoon het, het vir meer inligting gevra. Die Getuies het nog lektuur uitgegee en het praktiese raad uit die Bybel gegee vir diegene wat dit gevra het.

Jehovah se Getuies is baie bly dat meer as 1 000 onderwysers die aanbiedings oor jw.org in Zamboanga del Norte bygewoon het en dat hulle gesien het dat die webwerf ’n kragtige manier is om ander te leer. Hierdie waardevolle onderrigtingsmiddel kan onderwysers wêreldwyd help om raad te gee as dit kom by dinge soos wat reg en verkeerd is, goeie waardes en ’n mens se verhouding met God. a

a Onderrigtingsentrums in die Filippyne het die verantwoordelikheid om nie net kennis aan hulle studente oor te dra nie, maar ook om hulle godsdienswaardes te leer. Hulle moet ook die studente die verskil tussen reg en verkeerd leer, hoe om ’n goeie karakter op te bou en om persoonlike dissipline te hê. — Die 1987-grondwet van die Republiek van die Filippyne, artikel XIV, deel 3.2.