Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Georgië

Georgië

DIE verspreiding van die Koninkryksboodskap in Georgië word heel gepas uitgebeeld in Jesus se illustrasie van die suurdeeg (Matt. 13:33). Soos in die geval van die suurdeeg, kon geestelike groei nie dadelik gesien word nie, maar die Koninkryksboodskap het gou oral versprei en die lewe van baie mense verander.

Lees die aanmoedigende verhaal van liefde, geloof, lojaliteit, inisiatief en moed wat deur God se volk ‘in gunstige tye en in moeilike tye’ in Georgië geopenbaar is.—2 Tim. 4:2.

IN HIERDIE GEDEELTE

’n Oorsig van Georgië

Kry ’n kort oorsig van die land, mense, gebruike en unieke taal van Georgië, ’n land aan die Swartsee.

Die eerste waarheidsoekers

Mense wat Bybelwaarheid elders geleer het, het na Georgië gekom en die Koninkryksboodskap versprei.

Vergaderinge help almal om hulle geloof te versterk

Hoe het Christelike vergaderinge en lektuur in Georgies die grondslag gelê vir toekomstige groei?

Ek wou graag my lewe verander

Nadat Dawit Samcharadze sy militêre diens voltooi het, het hy gebid vir hulp om sy lewe te verbeter. Die volgende dag het hy Jehovah se Getuies ontmoet.

Ek het Jehovah gevra vir leiding

Tamazi Biblaia het God se leiding gevra en ontvang voordat hy na ’n ander dorp getrek het.

“By God is alles moontlik”

Toe Natela Grigoriadis mede-Getuies gehelp het om Bybellektuur in Georgies te druk, het sy voor ’n ‘onmoontlike’ situasie te staan gekom.

Die Bybel in Georgies

Ou Georgiese manuskripte van die Bybel dateer uit die middel van die vyfde eeu HJ of selfs vroeër.

“God het dit deurentyd laat groei.”—1 Kor. 3:6.

Nadat Georgië onafhanklik geword het, was daar ’n tydperk van groot groei onder Jehovah se Getuies.

Liefdevolle herders gee opleiding

Hoe het die Getuies gemeentes, vergaderinge, byeenkomste sowel as die vertaling van Bybellektuur georganiseer ná die val van die Kommunistiese regering?

My man kon nie ophou lees nie!

Badri Kopaliani wou so graag sy nuwe Bybel lees dat hy verlof geneem het om dit deur te lees.

Waar was julle al die tyd?

Minder as ’n jaar nadat hy gedoop is, het hy gaan dien waar daar hulp nodig was.

Ek het gedink dat my lewe suksesvol is

Madona Kankia was ’n lid van die Kommunistiese Party, maar het besluit om haar lewe te verander.

Ware Christelike liefde faal nooit nie

Gedurende die konflik in Abchasië het Gizo Narmania en Igor Otsjigawa mede-Getuies en ander gehelp om materiële en geestelike voorsienings te kry.

Ek het met my eie oë gesien wat die Bybel sê!

Pepo Dewidze was onseker oor Jehovah se Getuies, maar het haar ma se raad gevolg en self uitgevind wat hulle leer.

Seëninge ‘in gunstige tye en in moeilike tye’.—2 Tim. 4:2.

In hierdie jare was daar ’n groot toename in die aantal verkondigers, maar toe het hewige vervolging van ’n onverwagse bron gekom.

Dreigemente het hulle nie gekeer nie

Hoe het die publiek gereageer op die gewelddadige teenstand teen Jehovah se Getuies in Georgië?

“Dit is die erfbesitting van die knegte van Jehovah.”—Jes. 54:17.

Verkondigers wat hulle inspan om meer te doen in Jehovah se diens, word deur hom geseën.

Hulle het aan hulle Grootse Skepper gedink

’n Derde van die pioniers in Georgië is 25 jaar oud, of jonger.

Koerdiese mense aanvaar die waarheid

Godvresende mense is bly om die boodskap van die waarheid in hulle eie taal te hoor.

Die liefde strek oor mensgemaakte grense

Twee oumas ondervind die liefde van ons broers en susters.