Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

’n Nuwe vergadering vir ons Christelike lewe en bediening

’n Nuwe vergadering vir ons Christelike lewe en bediening

BY DIE jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië wat op 3 Oktober 2015 gehou is, het Anthony Morris van die Bestuursliggaam aangekondig dat die Teokratiese Bedieningskool, die Diensvergadering en die Gemeentelike Bybelstudie deur ’n nuwe vergadering vervang gaan word. Die naam van hierdie nuwe vergadering is Ons Christelike Lewe en Bediening. Broer Morris het gesê dat Ons Koninkryksbediening deur ’n nuwe volkleur, maandelikse publikasie met agt bladsye vervang gaan word. Dit sal as Ons Christelike Lewe en Bediening—Vergaderingwerkboek bekend staan. Dit sal die weeklikse vergaderingrooster en prente bevat wat ons met ons Bybellees sal help.

Die nuwe vergadering bestaan uit drie dele:

  1. Skatte uit God se Woord. Die inligting vir die eerste toespraak van 10 minute in hierdie deel kom uit die weeklikse Bybelleesgedeelte en die prente uit die werkboek. Die tweede deel word “Soek na geestelike skatte” genoem. Dit is ’n vraag-en-antwoord-bespreking van agt minute van die weeklikse Bybelleesgedeelte en word gevolg deur ’n Bybelleesgedeelte van vier minute.

  2. Lê Jou Toe op die Veldbediening. In hierdie deel wys drie studente gewoonlik hoe om ’n eerste besoek en ’n herbesoek te doen en hoe om ’n Bybelstudie te hou.

  3. Die Christelike Lewenswyse. Hierdie deel bespreek die toepassing van Bybelbeginsels in ons alledaagse lewe. Die Gemeentelike Bybelstudie word ook in hierdie deel bespreek.

Verkondigers uit alle dele van die wêreld het gesê hoe bly hulle is oor die praktiese opleiding wat hulle by die vergadering ontvang. ’n Broer van Australië het gesê: “Die Lewe en Bediening-vergadering is uitstekend! Dit is baie prakties vir ons lewe van vandag en die aanbiedings is baie maklik. Die tyd vlieg by die vergadering. Die dele is korter, prakties en baie interessant, veral met die video’s en die kinders wat ook ’n deel het.”

’n Liggaam van ouer manne in Italië het geskryf: “Ons kon sien dat ons almal beter voorberei vir hierdie vergadering en nou is die onderrigting by ons vergadering baie beter. Hierdie vergadering in die week is ’n wonderlike nuwe manier waarop Jehovah sy volk leer. ’n Vyftienjarige verkondiger het gesê: ‘Ek kon nooit vir die hele vergadering konsentreer nie. Maar die nuwe vergadering het gehelp dat my gedagtes nie dwaal nie en my gehelp om beter vir die vergadering voor te berei.’”

’n Gesin van Oostenryk het geskryf: “Dit was vir ons moeilik om die Bybelleesgedeelte vir die week saam met ons tienjarige dogter te doen. Maar die deel ‘Skatte uit God se Woord’ het ons gehelp om meer te antwoord. Ons al drie geniet dit nou om vir die weeklikse Bybelleesgedeelte voor te berei. Ons kan ook sien dat ons dogter geestelik groei.”

Ines van Duitsland sê: “Ek wil nou graag vir die vergadering voorberei en meer daaroor nadink. Ek het nog nooit soveel navorsing gedoen nie. My verhouding met Jehovah is sterker as ooit tevore. Satan se wêreld put ’n mens so uit, maar die vergaderinge gee my die krag om te volhard.”

Die gemeentes in die Salomonseilande geniet die vergadering in die week terdeë. Baie gemeentes is op afgeleë plekke sonder elektrisiteit of die Internet, en die broers is arm. Hoe kon hulle die video’s vir die maand wys? Die verkondigers in ’n gemeente op die eiland Malaita het gedroogde klapper verkoop. Hulle het die geld gebruik om videotoerusting te koop wat met sonkrag werk. Die broers gaan elke maand na die naaste plek met Internet om die video’s te kry en dan gee hulle dit vir ander broers in die gemeente.

“Ek is iemand wat makliker met prente leer”, het ’n broer in die Verenigde State gesê. “Ek sukkel al 40 jaar lank en moet alles ’n paar keer lees voordat ek dit goed genoeg verstaan om vir iemand anders te verduidelik. Ek bedank die Bestuursliggaam vir al die video’s en prente wat ons nou het. Die inleidings tot die Bybelboeke is fantasties en die prente in die vergaderingwerkboek is net wat ek nodig het! Ek kan sien dat Jehovah julle werk seën. Vreeslik baie dankie.”

Malawi