Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 3

Hoe om probleme op te los

Hoe om probleme op te los

“Julle [moet] intense liefde vir mekaar hê, want die liefde bedek ’n menigte sondes.”—1 Petrus 4:8

Terwyl jy en jou maat julle lewe saam begin, sal verskeie probleme opduik. Dit kan die gevolg wees van verskille in hoe julle dink, voel en die lewe benader. Of probleme kan ontstaan weens faktore buite julle huwelik en onverwagte gebeurtenisse.

Jy kan in die versoeking kom om die werklikheid te vermy, maar die Bybel vermaan ons om probleme uit te stryk (Matteus 5:23, 24). Julle sal die beste oplossings vir julle probleme vind as jy Bybelbeginsels toepas.

1 BESPREEK DIE PROBLEEM

WAT DIE BYBEL SÊ: Daar is “’n tyd om te praat” (Prediker 3:1, 7). Maak seker dat julle tyd opsysit om oor die probleem te praat. Sê openlik vir jou maat hoe jy voel en wat jy oor die onderwerp dink. Jy moet altyd “die waarheid praat” met jou maat (Efesiërs 4:25). Weerstaan die drang om te baklei, selfs wanneer jy sterk emosies ervaar. ’n Kalm antwoord kan voorkom dat ’n gesprek wat maklik behoort te verloop, in ’n bakleiery ontaard.—Spreuke 15:4; 26:20.

Selfs al stem julle nie saam nie, moet jy altyd beleefd wees en nooit vergeet om liefdevol en respekvol teenoor jou maat te wees nie (Kolossense 4:6). Probeer om die probleem so gou as moontlik op te los, en moenie ophou kommunikeer nie.—Efesiërs 4:26.

WAT JY KAN DOEN:

  • Kies ’n gepaste tyd om die probleem te bespreek

  • Wanneer dit jou beurt is om te luister, moet jy die versoeking weerstaan om jou maat in die rede te val. Jy sal jou beurt kry om te praat

2 LUISTER EN VERSTAAN

WAT DIE BYBEL SÊ: “Julle [moet] tere geneentheid vir mekaar hê. Neem die leiding in eerbetoning aan mekaar” (Romeine 12:10). Hoe jy luister, is baie belangrik. Probeer om jou maat se beskouing met ‘meegevoel en nederigheid’ te verstaan (1 Petrus 3:8; Jakobus 1:19). Moenie net maak asof jy luister nie. Indien moontlik moet jy ophou met dit waarmee jy besig is en jou maat jou volle aandag gee, of jy kan jou maat vra of julle die probleem later kan bespreek. As jy aan jou huweliksmaat dink as jou spanmaat eerder as jou opponent, sal jy nie “haastig wees . . . om aanstoot te neem nie”.—Prediker 7:9.

WAT JY KAN DOEN:

  • Hou aan om met ’n oop gemoed te luister, selfs as jy nie hou van wat jy hoor nie

  • Probeer die boodskap agter die woorde verstaan. Let op jou maat se lyftaal en stemtoon

3 VOER JULLE BESLUITE DEUR

WAT DIE BYBEL SÊ: “Deur elke soort moeisame arbeid kom voordeel, maar die woord van die lippe alleen lei tot gebrek” (Spreuke 14:23). Dit is nie genoeg om oor ’n goeie oplossing saam te stem nie. Julle moet julle besluit deurvoer. Dit kan harde werk en baie inspanning verg, maar dit sal die moeite werd wees (Spreuke 10:4). As julle as ’n span saamwerk, sal julle “’n goeie beloning” vir julle harde werk hê.—Prediker 4:9.

WAT JULLE KAN DOEN:

  • Besluit watter praktiese stappe julle sal doen om julle probleem op te los

  • Evalueer van tyd tot tyd julle vordering