Spreuke 15:1-33

  • Sagte antwoord laat woede bedaar (1)

  • Jehovah se oë is oral (3)

  • Gebed van getroues vir God aangenaam (8)

  • Planne misluk as saak nie bespreek word nie (22)

  • Dink na voordat jy antwoord (28)

15  ’n Sagte antwoord laat woede bedaar,+maar harde woorde* laat woede opvlam.+   Die tong van die wyses maak goed gebruik van kennis,+maar dwaasheid borrel uit die mond van die dwase.   Die oë van Jehovah is oral. Hy hou die slegtes en die goeies dop.+   ’n Kalm* tong is ’n boom van die lewe,+maar ’n slegte tong veroorsaak moedeloosheid.*   ’n Dwaas steur hom nie aan sy pa se dissipline nie,+maar ’n verstandige persoon aanvaar teregwysing.+   Die huis van die regverdige is vol skatte,maar wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid.+   Die lippe van die wyses versprei kennis,+maar dit is nie die geval met die hart van die dwase nie.+   Die offerande van die goddeloses is vir Jehovah afskuwelik,+maar die gebed van die getroues is vir hom aangenaam.+   Jehovah haat die weg van die goddelose,+maar hy is lief vir die eenwat regverdigheid nastreef.+ 10  Die een wat die weg verlaat, hou nie van dissipline nie,+maar iemand wat teregwysing haat, sal sterf.+ 11  Jehovah kan tot in die Graf* en die plek van vernietiging* sien.+ Hoeveel te meer kan hy sien wat in die harte van mense is!+ 12  Die spotter is nie lief vir die een wat hom teregwys nie.+ Hy sal nie die wyses vir raad vra nie.+ 13  ’n Vreugdevolle hart laat ’n mens gelukkig lyk,maar ’n hart vol pyn breek ’n mens se gees.+ 14  Die verstandige hart soek na kennis,+maar die mond van die dwaas streef dwaasheid na.+ 15  Vir die een wat swaarkry, is elke dag sleg,+maar vir die een met ’n vrolike hart is die lewe ’n fees.+ 16  Dit is beter om min te hê en Jehovah te vrees+as om groot rykdom en baie bekommernisse te hê.+ 17  ’n Bak groente waar daar liefde is,+is beter as ’n vetgemaakte bul waar daar haat is.+ 18  ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+maar die een wat nie gou kwaad word nie, laat stryery ophou.+ 19  Die weg van die luiaard is soos ’n doringheining,+maar die pad van die getroues is gelyk.+ 20  ’n Wyse seun maak sy pa bly,+maar ’n dwase mens het geen respek vir sy ma nie.+ 21  Dwaasheid is ’n vreugde vir iemand wat onverstandig is,+maar die mens wat insig het, bly op die regte pad.+ 22  Planne misluk as ’n saak nie bespreek word nie,maar as daar baie raadgewers is, lei dit tot sukses.+ 23  ’n Man is bly as hy die regte antwoord gee,+en hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog!+ 24  Die pad van die lewe loop opwaarts vir iemand met insig.+ Dit lei hom weg van die Graf* daar onder.+ 25  Jehovah sal die huis van hoogmoedige mense afbreek,+maar hy sal die grens van die weduwee beskerm.+ 26  Jehovah haat die planne van die goddelose,+maar aangename woorde is vir Hom rein.+ 27  Die een wat op ’n oneerlike manier wins maak, bring moeilikheid* oor sy eie huisgesin,+maar die een wat omkopery haat, sal bly lewe.+ 28  Die hart van die regverdige dink mooi* voordat hy antwoord,+maar die mond van die goddeloses laat slegte dinge uitborrel. 29  Jehovah is ver van die goddeloses af,maar hy luister na die gebed van die regverdiges.+ 30  Oë wat straal van vreugde, maak die hart bly. ’n Goeie berig doen ’n mens goed.*+ 31  Die een wat na lewegewende teregwysing luister,voel tuis by die wyses.+ 32  Iemand wat dissipline verwerp, haat sy eie lewe,+maar die een wat na teregwysing luister, verkry insig.+ 33  Vrees vir Jehovah leer ’n mens wysheid,+en nederigheid lei tot eer.+

Voetnote

Of “woorde wat pyn veroorsaak”.
Of “Genesende”.
Of “breek die gees”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “en Abaddon”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “skande”.
Of “dink na”.
Lett. “maak die gebeente vet”.