Spreuke 13:1-25

  • Dié wat raad soek, is wys (10)

  • Uitgestelde verwagting maak hart siek (12)

  • Betroubare boodskapper bring genesing (17)

  • Assosiasie met wyse persone maak mens wys (20)

  • Dissipline, bewys van liefde (24)

13  ’n Wyse seun aanvaar sy pa se dissipline,+maar die spotter luister nie wanneer hy bestraf word nie.+   Weens ’n man se woorde sal hy die goeie eet,+maar dié wat bedrieglik is, smag na geweld.   Die een wat ’n wag voor sy mond sit,* bewaar sy lewe,+maar die een wat sy lippe wyd oopmaak, sal rampspoed ondervind.+   Die luiaard wil baie dinge hê, tog het hy niks,+maar die een wat hard werk, sal ’n oorvloed hê.+   Die regverdige haat leuens,+maar die dade van die goddelose bring skande en oneer.   Regverdigheid beskerm die onskuldige,+maar goddeloosheid lei tot die sondaar se ondergang.   Party gee voor dat hulle ryk is, tog het hulle niks.+ Ander gee voor dat hulle arm is, tog is hulle baie ryk.   Rykdom is die losprys vir ’n ryk man se lewe,+maar die arme word nie eers bedreig nie.*+   Die lig van die regverdige skyn helder,+maar die lamp van die goddeloses sal uitgedoof word.+ 10  Vermetelheid* lei net tot onenigheid,+maar wysheid behoort aan dié wat raad soek.*+ 11  Rykdom wat vinnig verkry word, sal minder word,+maar die rykdom van die een wat dit bietjie vir bietjie bymekaarmaak, sal meer word. 12  ’n Uitgestelde verwagting* maak die hart siek,+maar ’n vervulde begeerte is ’n boom van die lewe.+ 13  Die een wat onderrigting verwerp, sal die gevolge dra,+maar die een wat die gebod respekteer, sal beloon word.+ 14  Die onderrigting* van die wyse is ’n bron van lewe.+ Dit hou ’n mens weg van die strikke van die dood. 15  Goeie insig wen die goedkeuring van ander,maar die weg van dié wat bedrieglik is, sal moeilik wees. 16  ’n Verstandige persoon tree met kennis op,+maar ’n dwaas openbaar sy dwaasheid.+ 17  ’n Goddelose boodskapper beland in die moeilikheid,+maar ’n betroubare boodskapper* bring genesing.+ 18  Armoede en skande wag op enigiemand wat dissipline verwerp,maar die een wat teregwysing aanvaar, sal eer ontvang.+ 19  ’n Vervulde begeerte is vir ’n mens soet,+maar die dwaas haat dit om weg te draai van wat sleg is.+ 20  Die een wat met wyse persone assosieer, sal wys word,+maar dit sal sleg gaan met die een wat met dwase te doen het.+ 21  Sondaars word deur rampspoed agtervolg,+maar die regverdiges word met voorspoed beloon.+ 22  Iemand wat goed is, laat ’n erfenis na vir sy kleinkinders,maar die sondaar se rykdom sal vir die regverdige bewaar word.+ 23  Die geploegde grond van ’n arm man lewer baie kos op,maar dit* kan deur ongeregtigheid weggevee word. 24  Die een wat sy seun nie dissiplineer nie,* haat hom,+maar die een wat sy seun liefhet, dissiplineer hom wanneer dit nodig is.*+ 25  Die regverdige eet en word versadig,+maar die maag van die goddelose is leeg.+

Voetnote

Of “wat let op wat hy sê”.
Lett. “hoor geen bestrawwing nie”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Of “dié wat saam beraadslaag”.
Of “hoop”.
Of “wet”.
Of “gesant”.
Of “hy”.
Lett. “wat sy lat terughou”.
Of moontlik “onmiddellik”.