Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

KRY VERLIGTING VAN STRES

Voel jy gestres?

Voel jy gestres?

“Almal ondervind stres, maar my stres is net te veel vir my. Dit is nie net as gevolg van een groot probleem nie, maar as gevolg van baie situasies en probleme en omdat ek al jare lank vir my man sorg wat fisies en verstandelik siek is.” – Jill. *

“My vrou het my gelos, en ek moes twee kinders op my eie grootmaak. Dit was moeilik om ’n enkelouer te wees. Boonop het ek my werk verloor, en ek kon nie bekostig om my kar te laat regmaak sodat dit padwaardig kon wees nie. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Die stres was net te veel. Ek het geweet dat dit verkeerd was om myself dood te maak, en daarom het ek God gesmeek om my te laat doodgaan.” – Barry.

Voel jy soms asof jou stres te veel raak vir jou, soos in die geval van Jill en Barry? As jy so voel, kan die volgende artikels jou vertroos en help. Dit bespreek die algemene oorsake van stres, hoe stres ons kan affekteer en hoe ons ten minste ’n mate van verligting van stres kan kry.

^ par. 3 Name is verander.