Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 FIGURE UIT DIE VERLEDE

Kores die Grote

Kores die Grote

Op die aand van 5/6 Oktober 539 VHJ volgens ons hedendaagse kalender het die skynbaar onmoontlike gebeur met die stad Babilon, die hoofstad van die Babiloniese Ryk. Op hierdie noodlottige aand is die stad ingeneem deur ’n leër van die Mede en die Perse onder bevel van die Persiese koning Kores, wat ook as Kores die Grote bekend staan. Sy strategie was briljant.

HOE KORES BABILON INGENEEM HET

“Toe Kores Babilon in die oog gehad het, was dit reeds die vernaamste stad in die Midde-Ooste—miskien selfs in die hele wêreld”, sê die boek Ancient World Leaders—Cyrus the Great. Babilon was geleë aan die Eufraatrivier, waarvan die water ook gragte om die stad se ontsaglike mure gevul het—’n kombinasie van verdedigingsmaatreëls wat die stad oninneembaar laat lyk het.

Stroomop van Babilon het Kores se manskappe die water van die Eufraatrivier weggekeer, wat die watervlak in die stad laat daal het. Die soldate het toe deur die rivier geloop na die stadspoorte toe, wat oopgelaat is, en Babilon met min weerstand ingeneem. Volgens die Griekse geskiedskrywers Herodotus en Xenofon het die Babiloniërs so veilig gevoel agter hulle stad se verdedigingstelsel dat baie op die aand van die inval feesgevier het, insluitende die koning! (Sien die venster “ Die skrif is aan die muur”.) Kores se verowering het ook etlike merkwaardige Bybelprofesieë vervul.

Kores se verowering van Babilon is in die Bybel voorspel

 MERKWAARDIGE VOORSPELLINGS

Die profesieë van Jesaja is besonder merkwaardig omdat dit omtrent 200 jaar vooruit opgeteken is—sowat 150 jaar voordat Kores gebore is! Dink aan die volgende:

’N WONDERBAARLIKE BEVRYDING

Vroeër, in 607 VHJ, het die Babiloniese leër Jerusalem vernietig en die meeste van die oorlewendes in ballingskap weggevoer. Hoe lank sou die Jode gevange gehou word? God het gesê: “Wanneer sewentig jaar vervul is, sal ek van die koning van Babilon en van daardie nasie rekenskap eis . . . en ek sal dit tot onbepaalde tyd verlate woestenye maak.”—Jeremia 25:12.

Soos gemeld is, het Kores Babilon in 539 VHJ ingeneem. Kort daarna het hy die Jode vrygelaat, wat in 537 VHJ in hulle vaderland begin aankom het—presies 70 jaar nadat hulle weggevoer is (Esra 1:1-4). Babilon het uiteindelik “verlate woestenye” geword—wat weer eens die akkuraatheid van Bybelprofesieë bevestig.

WAAROM MOET DIT VIR JOU SAAK MAAK?

Dink hieraan: Die Bybel het (1) die 70 jaar lange ballingskap van die Jode, (2) Kores se verowering van Babilon en sleutelaspekte van sy strategie en (3) die algehele verwoesting van Babilon voorspel. Hierdie voorkennis kon nie van blote mense gekom het nie! ’n Redeliker gevolgtrekking is: “Profesie is nooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar mense het uit God gespreek” (2 Petrus 1:21). Dit is beslis die moeite werd om die Bybel te ondersoek.

^ par. 36 Die woorde verwys na geldeenhede. Vir ’n uitvoerige verduideliking, sien hoofstuk 7 van die boek Gee ag op Daniël se profesie!, uitgegee deur Jehovah se Getuies.