Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE BYBEL SE BESKOUING

Die Messias

Die Messias

Die Bybel het voorspel dat die Messias in die wêreld sou inkom en mense van siekte, lyding en die dood sou verlos. Is Jesus Christus daardie persoon?

Hoe sou mense die Messias herken?

Volgens Bybelprofesieë sou die Messias, of Christus, twee keer kom. * Met elke koms sou hy ’n verskillende rol speel, en die twee komste sou deur ’n lang tydperk geskei word. In sy eerste rol as die Messias sou hy ’n mens wees. Bybelskrywers het talle aspekte van sy lewe en bediening voorspel sodat hy duidelik herken sou word. Trouens, “die . . . getuienis omtrent Jesus” is een van die vernaamste redes waarom Bybelprofesieë opgeteken is.—Openbaring 19:10.

As ’n mens het Jesus op klein skaal gedoen wat hy as ’n magtige geesskepsel op wêreldskaal sal doen

WAT DIE BYBEL SÊ

Die Messias sou . . .

Jesus het al hierdie profesieë en baie ander vervul. Hy het ook die siekes genees en die dooies opgewek. Deur dit te doen, het hy nie net verdere bewyse voorsien dat hy die Messias is nie; hy het ons ook ’n vaste grondslag gegee om geloof te stel in die Bybel se beloftes dat hy hierdie dinge in die toekoms op wêreldskaal sal doen (Lukas 7:21-23; Openbaring 21:3, 4). Ná sy opstanding het Jesus aan God se “regterhand” gaan sit en gewag dat die tyd moet aanbreek om sy Messiaanse werk te voltooi.—Psalm 110:1-6.

“Wanneer die Christus kom, sal hy tog nie meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het nie, of hoe?”Johannes 7:31.

Hoe sal die Messias sy werk voltooi?

Die Jode van Jesus se dag het verwag dat die Messias hulle van Romeinse heerskappy sou bevry en oor ’n herstelde koninkryk van Israel sou heers (Handelinge 1:6). Jesus se Joodse volgelinge het eers later besef dat hy sy rol uit die hemel sou vervul as ’n magtige geesskepsel aan wie daar baie gesag gegee is.—Matteus 28:18.

WAT DIE BYBEL SÊ

In sy tweede rol sal die Messias . . .

Jesus het sy eerste rol as die Messias vervul. Hy sal sy tweede rol ook vervul. Diegene wat wys is, bestudeer sy voorbeeld noukeurig, want Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”—Johannes 14:6

“In sy dae sal die regverdige bloei, en die oorvloed van vrede totdat die maan nie meer is nie. En hy sal onderdane hê . . . tot aan die eindes van die aarde.”Psalm 72:7, 8.

^ par. 5 Die woord “Messias” is afkomstig van Hebreeus. “Christus” is die ekwivalent wat van Grieks afgelei is.—Johannes 1:41.

^ par. 7 Die eerste teks verwys na die profesie; die tweede na die vervulling.