Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’N WÊRELD VOL PROBLEME

3 | Beskerm jou verhoudings

3 | Beskerm jou verhoudings

HOEKOM DIT SAAK MAAK

Omdat mense al hoe angstiger word as gevolg van die probleme in die wêreld, laat baie mense toe dat hulle verhoudings agteruitgaan sonder dat hulle dit besef.

  • Mense sonder hulleself van hulle vriende af.

  • Huweliksmaats is nie meer so liefdevol teenoor mekaar nie.

  • Ouers skenk min of geen aandag aan die bekommernisse van hulle kinders.

Wat jy moet weet

  • Vriende is belangrik omdat hulle jou veral in moeilike tye help om gesond te bly, fisies sowel as emosioneel.

  • Die stres as gevolg van die wêreld se probleme kan jou gesinslewe op onverwagse maniere toets.

  • Wanneer kinders skokkende dinge op die nuus hoor of sien, kan dit hulle meer ontstel as wat jy besef.

Wat jy nou kan doen

Die Bybel sê: “’n Ware vriend betoon altyd liefde en is ’n broer gedurende moeilike tye.” – Spreuke 17:17.

Vriende kan ons help en ons goeie raad gee. Sulke liefdevolle vriende kan ons help om vasbeslote te wees om die dag se uitdagings te hanteer.