Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Wêreld vol probleme – Hoe kan jy dit hanteer?

’n Wêreld vol probleme – Hoe kan jy dit hanteer?

Sukkel jy nou meer as gevolg van die probleme wat algemeen in die wêreld is? Gebeur enige van die volgende dinge waar jy bly?

  • oorloë

  • epidemies

  • natuurrampe

  • armoede

  • diskriminasie

  • gewelddadige misdaad

Wanneer slegte dinge gebeur, voel baie mense geskok en moedeloos. Party mense het nie meer die krag om enige iets te voel of om enige emosie te wys as sulke dinge gebeur nie. Maar wanneer iemand vir ’n lang tydperk in skok is en sy gevoelens onderdruk, kan dit dinge net erger maak.

In moeilike tye moet jy iets doen om jou geliefdes, jou gesondheid, jou geld en besittings en jou geluk te beskerm.

Wat kan jy nou doen om die impak te verminder wat hierdie wêreld se probleme op jou kan hê?