Spring na inhoud

Waarom noem Jehovah se Getuies hulle vergaderplek nie ’n kerk nie?

Waarom noem Jehovah se Getuies hulle vergaderplek nie ’n kerk nie?

 In die Bybel verwys die Griekse woord wat soms as “kerk” vertaal word, na ’n groep aanbidders, nie na die gebou waarin hulle vergader nie.

 Let op hierdie voorbeeld: Toe die apostel Paulus aan die Christene in Rome geskryf het, het hy groete gestuur aan ’n egpaar, Aquila en Priscilla, en bygevoeg: “Groet die kerk wat in hulle huis vergader” (Romeine 16:5, Contemporary English Version). Paulus het nie bedoel dat sy groete aan ’n gebou oorgedra moet word nie. Hy het eerder sy groete aan mense gestuur—die gemeente wat in daardie huis vergader het. a

 Ons noem dus nie ons plek van aanbidding ’n kerk nie, maar gebruik eerder die term “Koninkryksaal”.

Waarom word dit die “Koninkryksaal van Jehovah se Getuies” genoem?

 Hierdie term is gepas om ’n aantal redes:

Jy is welkom om ’n Koninkryksaal naby jou te besoek en self te sien hoe Jehovah se Getuies hulle vergaderinge hou.

a Soortgelyke uitdrukkings kom voor in 1 Korintiërs 16:19; Kolossense 4:15 en Filemon 2.