Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek wil my bes vir u gee

Ek wil my bes vir u gee

Laai af:

  1. 1. So baie keuses, daar’s altyd iets.

    Rigtings en paaie om van te kies.

    Ek wil u dien, maar ek moet eers weet.

    Is dit die tyd? Is ek nou gereed?

    Ek het gesien hoe u mense seën

    wat naby aan u bly.

    Ek is oortuig en nou’t ek ook self besluit

    dat dit die pad is vir my.

    (REFREIN)

    Ek wil vir u dien, aan u kant staan.

    Ek wil my toewy aan u.

    Ek weet u sal my help deur donker dae.

    Ek wil my bes vir u gee.

    Ek wil my bes vir u gee.

  2. 2. Diep in my hart wil ek u leer ken,

    nader aan u kom en u vriendskap wen.

    Ek wil vandag goeie keuses maak.

    Dit sal my ewige toekoms raak.

    Ek weet u’s altyd lojaal aan my,

    solank ek by u bly.

    Ek wil u dien met my hele hart en siel.

    Dit is die lewe vir my.

    (REFREIN)

    Ek wil vir u dien, aan u kant staan.

    Ek wil my toewy aan u.

    Ek weet u sal my help deur donker dae.

    Ek wil my bes vir u gee.

    Ek wil my bes vir u gee.

    Ek wil my bes vir u gee.

    Ek wil my bes vir u gee.