Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kom nader aan my

Kom nader aan my

Laai af:

  1. 1. Hy’t my ingeneem.

    God het my getrek en na aan hom gebring.

    So ek‘s nie meer so alleen.

    Ek kan, met sy hulp, als hanteer.

    Want ek kan voel hoe hy my troos

    en dat ek aan hom behoort.

    (REFREIN)

    Hy sê: “Kom na aan my, na aan my,

    dan kom ek na aan jou.

    Ek sal jou wys, sal jou wys,

    wat als vir my mooi is in jou.

    So kom nader aan my.”

  2. 2. My hart voel soms swaar,

    want dis moeilik vir my om my foute te laat gaan.

    Maar as ek so voel, vra ek my God

    om te help dat ek deur dit kom.

    En ek onthou ook hy gee om,

    dit versterk en lig my op.

    (REFREIN)

    Hy sê: “Kom na aan my, na aan my,

    dan kom ek na aan jou.

    Ek sal jou wys, sal jou wys,

    wat als vir my mooi is in jou.

    So kom nader aan my.”

    (OORGANG)

    Hy’t my getrek, want hy kon sien

    wat mooi is diep in my.

    En nou’s hy altyd na aan my,

    en niks sal ons ooit skei!

    (REFREIN)

    Hy sê: “Kom na aan my, na aan my,

    dan kom ek na aan jou.

    Ek sal jou wys, sal jou wys,

    wat als vir my mooi is in jou.

    So kom nader aan my.”