Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons is jou familie

Ons is jou familie

Laai af:

  1. 1. Hier’s ons nou in ‘n vreemde land,

    lank gevlieg om hier te kom.

    En met elke tree sien ons weer en weer

    hoe Jehovah ons bly seën.

    Ons sien uit na wat ons hier gaan doen

    en ek’s bly ons gaan saam wees!

    Want al ken ek jou nie,

    het ek jou baie lief –

    ons is familie.

    (REFREIN)

    Ons liefde vir Jehovah

    maak ons almal sy familie.

    Al bly jy ver,

    het ons jou lief,

    want ons is jou familie.

  2. 2. Julle’t ook met jul arms oop

    my kom groet by die byeenkoms.

    Die musiek begin en ons almal vind

    dat liefde ons omring.

    En ons weet dis net ons God, Jehovah,

    wat ons so saam kan bind.

    So ons prys hom daarvoor,

    ja, ons harte loop oor

    en dit maak dat ons wil sing:

    (REFREIN)

    “Ons liefde vir Jehovah

    maak ons almal sy familie.

    Al bly jy ver,

    het ons jou lief,

    want ons is jou familie.”

  3. 3. Jy het ook saam met my geloop

    deur jul markies en jul strate.

    En toe ons daar met die mense praat,

    was hul harte diep geraak.

    En as ons met ons broers is,

    voel ons dat ons hoort aan mekaar.

    Ons is mal oor ons band wat strek oor elke land –

    ’n ware broederskap!

    (OORGANG)

    Dink net daaraan –

    dat ons familie het oral waar ons gaan,

    van Poland tot Pakistan,

    van Japan tot Jamaika.

    (REFREIN)

    Ons liefde vir Jehovah

    maak ons almal sy familie.

    Al bly jy ver,

    het ons jou lief,

    want ons is jou familie.

    Uit elke stam en nasie

    het ons almal vir Jehovah lief.

    Dit bind ons saam, mens kan dit sien –

    ja, ons is ‘n groot familie!

    Fidji, Hawaii, Nauru en Tonga,

    Boesman, Masai, Griekwa en Tutsi.

    Ons het jou lief maak nie saak watter land nie,

    want ons is jou familie.